Author Topic: Selfmoord handleiding  (Read 4303 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Selfmoord handleiding
« on: December 20, 2015, 07:20:46 AM »
Tel vandag weer die storie op. Let op die datum.

Selfmoord. Gekondenseerde handleiding.
2008-06-29 10:29:14

Kom ons wees eerlik. Selfmoord is 'n lafhartige daad maar dit kos 'n man op 'n perd en nie 'n lafaard op 'n vark nie, om selfmoord te pleeg.
Selfmoord neem al jou probleme en verantwoordelikhede van jou af weg, vermenigvuldig dit met 'n duisend, en verdeel dit dan onder jou naasbestaandes in die vorm van onbeantwoorde vrae, selfverwyt en sielkundige marteling vir die res van hulle lewens. Maar dit is hulle verdiende loon want hulle het mos nie ag geslaan op jou en jou behoeftes terwyl jy by hulle was nie, so moenie dat dit jou pla nie.

Jy is nou gatvol vir die lewe en depressief. Jy wil jou naasbestaandes straf en/of alles beëindig. So hoe nou gemaak?

Jy is gelukkig. Jou opsies is legio. Hier volg 'n paar om jou te help.

Drank: Hierdie is 'n lekker opsie. As jy nou begin gaan dit darem nog 'n hele paar jaar vat voordat jy die gees gaan gee. Intussen sal jy vind dat daar tye is wat jy nie 'n moer omgee vir jou probleme. Jy het nog genoeg tyd om van jou geld en besittings ontslae te raak voordat jy gaan en jy het die verdere satisfaksie om te sien hoe jy jou naasbestaandes straf.
Die gevaar bestaan egter dat die redes hoekom jy wou selfmoord pleeg hulself intussen oplos. Dit mag ook gebeur dat iemand dit regkry om jou te
help en jou by die AA organisasie betrokke kry.
Afhangende van op watter stadium van die proses jy besluit om op te hou kan daar erge nagevolge wees. Jy kan dalk sonder geld sit met 'n goed
opgedonnerde lewer wat jou 'n vroeë dood sal verseker.
Soos jy sien is hierdie opsie net vir mense met deursettingsvermoë.

Rook: Nog 'n opsie vir iemand wat oor deursettingsvermoë beskik en nie regtig haastig is om te gaan nie. Dit is baie dieselfde as die drank opsie behalwe dat jou longe gaan rebelleer en jy later baie lyding gaan hê voordat jy langtermyn versmoor.

Van 'n krans of dak af spring: As jy hierdie opsies oorweeg is jy bietjie haastiger.
Jy moet egter die volgende in gedagte hou. Sou jy berou hê en van plan verander terwyl jy val is dit te laat. Die moontlikheid bestaan ook dat jy die val oorleef en dan saam met jou aanvanklike probleme nog met allerhande mediese komplikasies sit. Goed soos pyn, leiding, verlamming, verminking en
die egste van almal, mediese rekeninge so hoog soos die gebou van waar jy gespring het.

Voor 'n trein in spring: (Maak seker die trein beweeg) Dit is 'n op die slag opsie en jy kry die bykomende voordeel dat die treindrywer ook agterna 'n sielkundige knou oorhou. Die impak op jou naasbestaandes is egter nie so groot nie want hulle mag dalk dink dit was net 'n ongeluk.
Jy moet vêrder in gedagte hou dat hulle dalk nie al jou oorblyfsels gaan opspoor nie en jy dus onvolledig veras/begrawe mag word.

Pille: Hier is nou vir jou 'n rustige opsie. As jy genoeg van die goed bymekaar het kan jy rustig gaan sit met jou gunsteling drankie en die
medikasie op jou tyd sluk.
Maak seker van die volgende. Dit is die regte pille bv. slaappille en nie lakseerpille nie. (Laasgenoemde is regtigwaar 'n kak manier om te gaan.)
Die nadeel is natuurlik dat iemand op jou sal afkom voor dit te laat is en jou planne in die wiele sal ry deur die dokter te bel.

Jouself ophang: Hierdie opsie kan baie seer en ongemaklik wees as jy nie professioneel is nie. Jy moet jou gewig en die afstand wat jy val in ag
neem asook die sterkte van die tou. As jy dit nie doen nie kan daar dalk allerhande komplikasies intree en mag jy dalk kop verloor in die proses.
As jou nek nie breek van die val nie gaan jy 'n stadige pynlike einde tegemoet.

Skiet: 'n Morsige uitweg. Om te begin, moenie vir jou hart mik nie. Die teiken is te klein en versteek. Die kans dat jy gaan mis is te groot en dit het ook 'n pynlike dood tot gevolg.
Gaan vir die kop. Maar ook hier moet jy baie versigtig wees, want sukses word nie gewaarborg nie.
Mens sien in die flieks hoe die ouens baie dramaties die pistool in hulle monde sit en die sneller trek. Dis vreeslik gevaarlik. As jy teen verkeerde invalshoek skiet gaan jy nie jou doel bereik nie. Te vlak en jy oorleef dit met stukkende tande, 'n verbrande tong en 'n rugmurg na moer. Nou moet hulle jou gebit met operasies herstel, jy kan nie sluk of praat nie want jou tong... en dit alles terwyl jy 'n parapleeg is. Te hoog en daar gaan
jou neusholtes, oog kaste en die voorste deel van jou brein waar jou persoonlikheid gesetel is. Jy oorleef dit, net om met 'n persoonlikheid te sit wat stink en jy kan dit nie eers self ruik nie of sien nie.

Maar voordat jy al hierdie goed oorweeg moet jy eers vir jouself sekerheid kry oor lewe na die dood.
As daar nie lewe na die dood is nie het jy geen verdere probleme nie. Dan sit jy maar net jou skakelaartjie af en is jy nie meer nie. Gaan voort,
geen nagevolge.
As daar wel lewe is...... Jy moet jou naaste liefhê soos jouself..... Jy mag nie doodslaan nie...... Die probleme wat jy nou het is dalk
Sondagmiddagpoeding teen dit waarheen jy op pad is.

Wil jy nie maar eers weer 'n dag of twee langer neem om te besluit nie? Ten
spyte van die "odds" kry jy dit dalk reg....


 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: September 22, 2018, 07:50:45 PM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Selfmoord handleiding
« Reply #1 on: December 20, 2015, 08:23:03 AM »
 :crybaby2: Ek onthou hierdie ene sooooooo goed!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Selfmoord handleiding
« Reply #2 on: December 24, 2015, 07:37:12 AM »
Afgryslik!  Wat van polse afkou?
Om te weet is om te verstaan.