• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

2016 is Skrikkeljaar

Started by PM, December 19, 2015, 12:50:09 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Hierdie jaar wat kom mag die meisies mos die mans uitvra, of vra om te trou.   :icon_biggrin:
Assie, wie gaan jy vra?
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Nee wat Antie PM. Hier in die Langkloof is die kanse maar skraal.
Alhoewel... Die nuwe dominee se seun is nogal 'n stukkie vir die oog. Sal maar sien. Die 29ste Februarie is darem nog so paar maande weg.




:mumum:

PM

'n Mens het mos tyd nodig om sulke dinge te beplan Assie.  Jy moet maar praat as jy hulp nodig het met die bewoording.
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Assie my skat, jy moet mooi dink oor die dominee se seun. Sy kêrel gaan nie daarvan hou as jy in sy slaai krap nie.
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

O hallie ha! Vergewe my dat ek so vroeg in die oggend iemand se uitdrukking steel, maar my eie skiet te kort na ek hier gelees het  :headbang:

Assie

O kerskalkoen!!! Wat praat Oom Naas dan nou. Skrikkel ek myself nog 'n paar jaar agter Oupa se kruisbande in.
:pottytrain5:


:mumum:

PM

Goeie griet, dit is nou vir jou 'n ding!   :icon_scratch:  Wat van daai grootwildjagter daar naby julle?
Om te weet is om te verstaan.