Author Topic: Huis vir bedaardes  (Read 1928 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Huis vir bedaardes
« on: December 18, 2015, 09:34:14 AM »
Oupa sê altyd: “Die wat niks te doen het nie maak stories op wat selfs die hel uit die duiwel uit sal irriteer.”
Tant Stienie was redelik stil op pad plaas toe. Sy het gister gebel om te hoor of sy maar vandag bietjie op die plaas kan kom kuier. Daar is ook maar nie veel te doene waar sy in die huis vir bedaardes op die dorp bly nie.
Ek vang so nou en dan in haar rigting en geniet die feit dat sy weer met nuwe oë na alles om haar kyk. Sy drink die natuur in asof sy dit nog nooit voorheen gesien het nie.
Ek voel goed.
By die huis gekom staan Oupa reg met ‘n koppie boeretroos. Tant Stiene verbrand amper haar valstande in ‘n poging om die koffie in te kry. Ek kan sien sy mis die goeie dinge van die lewe daar in die huis vir bedaardes.
“Steintjie, jy is nou al ‘n jaar daar in Huis Kloof. Geniet jy dit daar?” wil Oupa van haar weet.
“Nee wat Vaaljan, dit gaan maar aan. Ons ken almal mekaar en lewe maar so dag vir dag saam. Weet nooit of jy more nog al jou vriende by jou gaan hê nie. Al wat my onder kry is die bedaardes se gekla. Jy ken later elkeen by sy skete en vergeet sy naam”
“Nou hoe dan so?”
“Al wat die oumensies oor kan praat is hulle skete. Jy durf nie vra hoe dit gaan nie dan hoor jy hulle hele mediese ‘pedigree’ van net na geboorte tot gisteraand se pyne. So is daar Antie Skeelhoofpyn met haar Penados en Oom Maagkrampe met sy brooklax. Ou Jan Pyn innie Gat is nie ‘n slegte ou nie maar sy pyne laat jou wonder wie hom so verwens het. Sussie pyn innie watsenaam met haar kroniese blaasinfeksies en so het elkeen maar sy ou storietjie. Mens is later te bang om te vra hoe dit met hulle gaan.”
“Ons hoor jy het by die dood gaan draai met die longontsteking. Hoe gaan dit deesdae met jou gesondheid?”
“Aai Vaaljan, die longontsteking is darem nou eers genees maar nou dat jy vra. Ek wil nou nie kla nie maar die rumatiek vreet en knaag aan my. My kniee en skouers is saans so seer. Veral in die winter. En die ou Wintergreen wat die apteek deesdae verkoop is ook maar nie meer wat dit was nie. Dan is daar nog die katterakke op my linkeroog en my liddorings wat pla. Laasweek ook nog begin las kry van aambeie. Dis seker oor die ouetehuis se kos my so hardlywig maak.”
Sy skep asem en Oupa vat sy beurt.
“Nee wat, die enigste mediese probleem wat ek het is die verdomde veeartsie wat deesdae so lank vat om hier te kom. Hy was nou die dag, met daardie nuwe kompressor motorkar van hom en al, amper te laat vir blommetjie se bevalling. Verder hou die koffie en beskuit darem die kieme onder beheer, dankie.
Later die aand, nadat ek vir Tant Stienie en haar skete teruggevat het na Huis Kloof vir bedaardes toe, sit ek en Oupa op die stoep na die nonnetjies uil se geroep in die eik agter die huis en luister.
“Ja!” sug Oupa “Partykeer is dit beter om nie te vra nie. Jy kry dalk net die hele sieklike waarheid.”


 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Huis vir bedaardes
« Reply #1 on: December 18, 2015, 09:41:26 AM »
 :toothy4: Smaak my daai te huis kon net sowel die huis van beswaarders geheet het Assie. Soos gewoonlik het ek aan jou lyntjies gehang soos die vrugtevlermuise aan die Bloekoms hier  :notworthy:
« Last Edit: August 08, 2018, 01:40:54 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Huis vir bedaardes
« Reply #2 on: December 18, 2015, 10:18:48 AM »
Dankie Assie, ek het die vertelling geniet.  Jy kan maar meer male vertel wat daar in die Langkloof aangaan. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Huis vir bedaardes
« Reply #3 on: January 14, 2019, 01:30:02 AM »
Wil net herhaal: Assie jy kan maar meel male vertel wat nou daar in die Langkloof aangaan. Groot assebliefe  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Huis vir bedaardes
« Reply #4 on: January 15, 2019, 01:40:38 PM »
Hierdie Huis vir bedaardes klink vir my al na die forum en sy mense.  Lag.  Koes!  Ek bedoel ons is so 'n bedaarde klompie hier, niemand baklei met niemand nie.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Huis vir bedaardes
« Reply #5 on: January 15, 2019, 11:53:21 PM »
Ons is voorwaar 'bedaard' soms so dat ek bang is die arende gaan ons kom vang hehehehehehe. Kan my verstom hoe siele aanmekaar kan spring oor nietighede. Elke ou se siening is die alfa en omega - dis hoekom ek my eie omegabet het -dit hoef by niemand in of aan te pas om die vrede te bewaar nie.  :angel4: :`ip2:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Huis vir bedaardes
« Reply #6 on: January 16, 2019, 12:10:59 AM »
Ja nee wragtag. Ons is almal dieselfde verskillende.  Elke ou geregtig op sy eie opinie.
Dis groot verskil is dat ons paar mekaar en mekeaar se opinies respekteer.
Wel dan is daar nog die kwessie van wedersydse liefde...

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Huis vir bedaardes
« Reply #7 on: January 16, 2019, 01:22:26 AM »
Amen. (nou het ek myself 'n boetevers opgele vir eenwoord-kommentaar.) Onthou julle daardie dae toe die forumspietkop ons beboet het?
Ai, ek kon soggens skaars wag om te sien wat julle aangevang het met die ABC deur my nag.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Huis vir bedaardes
« Reply #8 on: January 16, 2019, 10:37:03 AM »
Vir my is eenwoordkomtaartjies of net 'n gatseggie beter as stilswye.  Ek onthou daai kabaal oor die eenwoord.   :icon_biggrin:


Respek is 'n groot ding.  Ons moet mekaar respekteer. 


Naas, jy is so reg met die liefde ding.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.