Author Topic: Woes geskrifte uit toeka se dae  (Read 5037 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Woes geskrifte uit toeka se dae
« on: December 18, 2015, 01:50:53 AM »
Vir die wis en onwis... die lewe neem soms onverwags woeste draaie  :toothy4:

In 'n onlangse hofsaak wat die buiteland tot stilstand geruk het, is 'n paar duisend Afrikaanse skrywers op 'n webwerf skuldig bevind nadat hulle op heterdaad betrap is terwyl hulle aan 'n woordverslaafde buitelander, narkotiese woorddisse voorgesit het.

Die beskuldigdes is aangekla nadat die verslaafde vrou se familie en vriende gekla het oor ernstige verwaarlosing weens die aard van haar vergryping.

Komplikasies tydens die uitspraak - wat ingetree het nadat die vrou geweier het om die name van haar voorsieners te verskaf, het daartoe gelei dat die webwerf se lede almal gevonnis is tot lewenslange woorddiens.

Die vrou het intussen uit huis-aanhouding ontsnap en is laas opgemerk in die omgewing van die Woes laning. Kontak asseblief haar familie indien sy naby u erf bespeur word. Die publiek word gewaarsku om die vrou nie self te nader nie. Sy is gewapen met 'n outomatiese dubbelloop-woordpen.

Dit is die eerste keer dat die Australiaanse howe met 'n woordvonnis-oplegging, 'n saak beslis het.

*********************************************************************************************************

*Terwyl ek nou deur die tralies loer kan ek net sowel die halfgebrande kole bietjie deurmekaar roer met die volgende onderwerp:

Ek is moeg van staar deur die wêreld se wit en swart lens van rassisme wat gedurig op ons gerig is! In alle kringe is hierdie onderwerp 'n warmpatat. Selfs tot in die vêrre buitewyke van Suid Afrikaanse landsgrense.

"Is ons as blankes nie besig om met die woord vasgemaak te word teen 'n skandpaal uit die verlede?" - is die vraag wat ek saam met Christo Landman se stelling wil vra vanuit Australia waar die regering ook worstel met spoke uit die verlede.

Onregte is gepleeg en word nou in volle maat omgekeerd gepleeg. Bose kringloop om die woord versoening! Ons sal vir ure kan sit rondom hierdie onderwerp en nog geen steen omgekeer het waaronder die antwoord te vinde sou wees! Of kyk ons die ooglopende net mis, waar ons ronddobber soos muisverskrikte ouvrouens op geloofsplankies van kitsoplossings wat wink op die horison en ons tot nou toe, ewig ontwyk het?

Staar ons vas teen die skandmuur waar silhoeëtte van die duister demone van gister's ons aanhoudend teister, en ons soos molle stiksienig vorentoe beur in die hedendaagse lewensgange van 'skies ek bestaan?

**********************************************************************************************************
En so stoom ons almal voort saam in Eva se hotflash-boot             
'Reverse proses van puberteit' so vertel die oggend-koerant

*Die gediggie is spesiaal geskep
vir Tebseil se happie.       

  BEWARE - HOT

Ek wou vandag net sit en sulk
toe dog ek - wat de hel
van sit en snik
met snot en traan,
kom daar net mooi
soete-blou-niks gedaan.

Toe staan ek maar en sing
so tussen bas en vals
weerklink die beswete note
half bals, terwyl die waaiers
van regs en links saam gons
en ek verbete nog 'n trek-boks,
nader sleep.

En net so skuins na nege
vanaand, staan Adonis
soos 'n laat-krismis-bonus
enne nuwe jaar's verwagting.

Herken ek daai kyk:
hy kom eis sy pond vleis
by my - 'n vroulike Genis
met opgedonsde hormone
en 'n rooiwang-waarskuwing:

BEWARE - HOT

« Last Edit: September 06, 2018, 12:39:00 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Woes geskrifte uit toeka se dae
« Reply #1 on: December 18, 2015, 01:51:58 AM »
 :toothy4: Grappies op 'n stokkie.

Kom ons kyk na die letter A. Eerste letter van ons alfabet. En met sy drie strepe vorm die letter A vir my ook op 'n manier ons menswees. Liggaam, siel en gees.

Ons lewenspad is die twee sykant-bene ... gestrek en gestut soos 'n treë vir die Heer. Ons genade lewens-treë. Afgemeet deur 'n Hoër Hand, weet die mens nie hoe lank die gawe van lewe gaan wees nie.

Tussen hierdie twee bene van die A is daar 'n reguit streep. En hierdie streep is vir my die innerlike vredesstreep gespan tussen lewe en dood, waarop ons liggaamlik balanseer. Met die lewensstok van ervaringe in ons hande vorm ons menswees hierdie letter.

Ek en jy is op hierdie pad met sy hoogtes en laagstes. Altwee skuins gespan oor ons lewensweg se streep. Om na bo te beweeg tot op die kruin van ons lewe/loopbaan is die pad met struikelblokke gevul. En die laaste skof is teen die skuinste af en gaan dikwels te vinnig en onverwags teen ons beplanning in.

Daar is soveel 'magnete' wat ons aantrekkingskrag beinvloed - 'n gedurige stryd om balans. Weens ons kulterele agtergrond, opvoeding en ervaringe is daar soveel geleenthede wat ons daagliks teëkom. En elkeen van ons is uniek 'gepool' deur 'n Meester's Hand. Wat die een persoon aantrek, stoot die volgende een af.

En so is ons elkeen besig met ons toertjies op hierdie dun lewenslyn van ons eie A wat slegs eenmaal gespan word. Ons begin en eindig op dieselfde vlak.

Stof tot stof.



« Last Edit: December 18, 2015, 03:02:13 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Woes geskrifte uit toeka se dae
« Reply #2 on: December 18, 2015, 01:55:10 AM »
Na aanleiding van  'n artikel oor stres.

Geweeg en te swaar bevind op die menslike skaal en die emosionele sy buig die knie voor die hoeveelheid stres-hanterings- vermoë van die mens. Hoekom knak sommiges en ander floreer onder druk? Is ons innerlike skaal-instellings verstelbaar?

Hierdie afmetings het ons ontvang die dag toe ons geformeer is in die moederskoot. Die gene waaroor ons geen sê of keuse gehad het nie. Jy het dit gratis ontvang van jou voorgeslagte en wat jy daarmee maak - is wat jou maak of breek op die toekomspad.

Gehoorsaam die padreëls. Moenie die rooilig verontagsaam wat dui op 'n foutiewe instelling. Stop en begin soek.

Maar waár begin ons soek na die oorsprong van die foutiewe skaal van die emosionele wrak wat die lewe se seer en stres op die rug saamdra in 'n smartvraat-rugsak? Kan ons hierdie skaal se instelling aanpas om meer te kan hanteer voor dit tilt na die verkeerde kant toe?

"Pak maar op - my skouers is breed." Hoeveel kan jy oppak voor jy die knie buig en knak? Om te balanseer moet die skaal altyd deur ewewigtig gelaai word en slegs jy ken die maat wat jy kan verwerk - jou tekortkominge en sterkpunte.

Moenie te veel hooi op die vurk laai - weet waar om die persoonlike stopstreep te trek. Kennis is mag en verwerkte stres is 'n kruiwa wat die vrag met gemak oor die bulte kry.

Ken die letter S in jou lewe wat kronkel met sissende-slange-gang deur jou aardse-paradys:
Skaal. Swaar. Stres. Smart. Stop. Soek. Sorteer.

***************************************************************************************************

« Last Edit: December 18, 2015, 09:34:38 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Woes geskrifte uit toeka se dae
« Reply #3 on: December 18, 2015, 01:56:39 AM »
HELP! Ek is verslaaf.

Tussen die donker geheime van ander en myself - verskuil tussen lyne met woorde delf ek uur na uur onverpoosd voort. Beleef ek emosies vasgeboei met sinne. Sieleworstelinge. Vandag huil ons saam. En môre lag ons vir die lawwighede kwytgeraak. Weer en weer kom ons terug. Oor en oor. Vasgevang in die greep van die krag van die geskrewe woord.

Siele word bloot gestel. Wipplank emosies laat my kop draai!

Gister diep - vandag vlak. Soos 'n swembad. Soms duik ons in die lewe en het die diepte nodig om "innerlike beserings" te voorkom. Verlamming van die gees. Ander kere wanneer ons soos 'n kind nog uitbundig voel en net wil baljaar is daar die vlak (vlakker) kant in ons wat te voorskyn kom. Dit borrel en kook oor! Soos verspotte kallers huppel die letters en vorm woorde.

En dan is daar die kere wat ons nie sin maak vir hulle om ons.

Hard en ongenaakbaar voorkom - want niemand weet van al die gister's se diep spore wat die seer agtergelaat het. Is dit wanneer die water uitgetap is om "skoon te maak" aan al die alg-gedagtes wat die water van die lewe verdof? Die lig in ons oë uitdoof?

So hou ons aan en aan met skryf. Die drang van diep binne om die woorde te uiter. Neer te pen. Vas te vang. Woorde en gedagtes wat maal. Nimmer eindigend. 'n Enkele woord of sinsnede kan jou van alles om jou laat vergeet. Soos in 'n maalkolk vasgevang. Of dwarrelwind se rondomtalie malse gevoel van ek moet dit neerskryf voor dit in die niet verdwyn! Die bruisende opgewondenheid wanneer een woord 'n lyntjie maak. En paar lyne 'n vers/paragraaf.

Dan die skok agterna wanneer jy besef tussen hierdie lyne is daar geheime en geraamtes ontbloot. Voel jy naak en wil bedek.

Dan flits 'n nuwe titel.

Stop. Stop! Genoeg!! Ek steek my hand uit om die skerm af te sit.
Nodeloos. Klaar vasgevang.

Jy "sien" die woorde vorm maak .... onwillekeurig soek jou hand na die kwaste en buise met verf. Dan sien jy nog woorde en instinktief soek-soek jy die akkoorde! Die pluk van snaar en die woorde vorm verstommende lirieke. Jou binneste word vol!!

Die honger na NOG! Nog ...ewig soekend tussen lyne gevul met woorde.

HELP!! Ek is verslaaf.
« Last Edit: December 18, 2015, 02:34:46 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Woes geskrifte uit toeka se dae
« Reply #4 on: December 18, 2015, 02:39:46 AM »
Kakkerlak in my sjokolade

Is dit waar dat daar 'n sekere hoeveelheid gedroogde kakkerlakke toegelaat word in die maak van sjokolade? Ja. Dit is waar! Sjokolis - gril nou eers klaar en lees dan verder: Dit is nie net kakkerlakke wat verskuil is daardie stafie of blokkie insekgevulde lekkerny waaraan jy so smul nie!

Die 'US Food and Drug Administration (FDA)' het voorgestelde limiete waaraan die produkte moet voldoen en binne hierdie perke is hartlik voorsiening gemaak (na my mening) vir allerhande grillerige gedoentes en selfs heel ongediertes - wat ons gewoonlik op stoele en tafels laat spring!

Blykbaar (?) heel onskadelik vir die mens as dit voldoen aan die vereiste daar gestel.

"The maximum level of defects in chocolate is an average of "60 or more insect fragments per 100 grams when six 100-gram subsamples are examined OR any one subsample contains 90 or more insect fragments."

Waaraan kou ons nog so salig onbewus?

*A whole insect, separate head, or body portions with head attached.

*Any foreign matter in a product associated with objectionable conditions or practices in production, storage, or distribution. Includes: objectionable matter contributed by insects, rodents, and birds; decomposed material; and miscellaneous matter such as sand, soil, glass, rust, or other foreign substances.

*Includes objectionable matter such as sticks, stones, burlap bagging, cigarette butts, etc. Also includes the valueless parts of the raw plant material, such as stems.

Ek het besluit ek eet nie meer sjokolade nie. Sal 'n geblikte aspersie eerder gryp - toe lees ek hierdie:

ASPARAGUS, CANNED OR FROZEN:
Insect filth 10% by count of spears or pieces are infested with 6 or more attached asparagus beetle eggs and/or sacs Insects

Asparagus contains an average of 40 or more thrips per 100 grams

OR Insects (whole or equivalent) of 3mm or longer have an average aggregate length of 7mm or longer per 100 grams of asparagus

So het ek die huishouding se geliefde disse een vir een gaan opsoek en ontleed. Mielies was die volgende!

CORN: SWEET CORN, CANNED
Insect larvae (corn ear worms, corn borers) 2 or more 3mm or longer larvae, cast skins, larval or cast skin fragments of corn ear worms or corn borer and the aggregate length of such larvae, cast skins, larval or cast skin fragments exceeds 12 mm in 24 pounds

Geen wonder my ouma het vertel geblikte-goed is onheils-goed!

Maar 'n boer maak 'n plan, al sit jy waar op die aardbol. Kry ek 'n blink idee - gooi die onheil dood met sterk kerrie!

Hopelose saak. En ek staaf my punt met hierdie aanhaling:

Curry Powder: Average of 100 or more insect fragments per 25 grams. Average of 4 or more rodent hairs per 25 grams

Besluit ek teen die kerrie en reik na die blik gemaalde peper:
Pepper: Average of 475 or more insect fragments per 50 grams

My gevolgtrekking: Eet is 'n nare gewoonte. As jou ingewande dit toelaat, gaan loer gerus by webwerf na alles wat jy al onbewus verorber het!


Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Woes geskrifte uit toeka se dae
« Reply #5 on: December 18, 2015, 02:46:41 AM »
Khaki kolle en ander kleurvolle betekenisse

Jare gelede toe die skrywersgemeenskap nog woes was, was daar rep en roer onder die gemoedere van die gemeente. Die rede? Kolletjie status op jou bydrae. Die groot vrees? 'n Khaki-kol.

En ek kruis sommer my oge en skryf ...behoede ons tog 'seblief.

So stil-stil verskyn daar vanuit die bloute iemand met 'n kleurvolle mandjie tussen die skrywersgeledere. Van ons skrywers het reeds die toekenning (?) ontvang en naarstiglik het ek gaan krap tussen my kunsaantekening oor kleur en die sielkundige betekenis.

Laat niemand ooit loop vertel die lewe op onse blad is vervelig.

Kruis en dwars gaan soek ek vir hierdie bydrae met stempeltjie status wat gemoedere kan omskep. Dit is mos wat kleur aan 'n mens kan doen sê die geleerdes en kunstenaars kan toor met die kragtige wapen van skakerings op die palet.

Selfs in die Bybelse tye was die koppeling van kleur aan gebeure, bekend. Die rooi van bloed wat kan reinig (wit). Gaan slaan gerus na oor die gebruik van kleur in die Bybel! Dit was vir my baie insiggewend.

Hier is dan kort uiteensetting van kleur vir die wis en onwis na my beskeie mening. Net ingeval jy met die eer van 'n kleurvolle besoek 'gemerk' worre!

WIT:
Simboliseer maagdelikheid. Eerlikheid. Nuwe begin en ontwikkeling. Simbool van liefde en sagmoedigheid
Bybelse gebruik - Oorwinning. Reinheid.

SWART:
Afwesigheid van kleur. Sofistikasie (swart nommertjie en swartdas etiket). Westerse simbool vir dood en rou. Waardigheid. Misterie.
Bybelse gebruik - sonde, siekte, dood en hartseer.

GRYS:
Neutraal. Sekuriteit gevoel van volwassenheid (gryse wysheid). Verantwoordelikheid. Stabiliserende effek langs helder kleure.
Bybelse gebruik - ouderdom en swakheid

ROOI:
Passie. Liefde. Lewe. Bloed. Energie. Hitte. Mag. Opgewondenheid. Agressie (ons sien rooi). Charismaties.
Bybelse gebruik - Kleur van kosbare materiaal. Bloed en lewe.

ORANJE:
Kreatiwiteit. Energie. Warmte. Aptytwekkend. Stimulerend. Entosiasme. Ambisie.
Bybelse gebruik - onregverdig en begeerte. Kleur van roes.

GOUD:
Simboliseer rydom. Wysheid. Goeie gesondheid. Sukses. Optimisme. Wilskrag. Innerlike krag.
Bybelse gebruik: God se Heerlikheid (Amber)

GEEL:
Passie. Liefde. Warmte. Intellektuele wysheid en energie. Idealisme. Vreugde. Wysheid in besluitnemings.

BLOU:
Simboliseer Maagd Maria. Inspirasie. Geestelikheid. Kleur van lug en see. Konserwatief. Kalmerend. Koel. Kennis.
Gesag ( blou manne in uniform)
Bybelse gebruik - hemelse kleur ook gebruik vir bedekkings/behangsels.

GROEN:
Vrugbaar. Simbool van geld. Sukses. Natuur. Harmonie. Eerlikheid. Jeug.Selfrespek.
Bybelse gebruik - Lewe. Natuurlike groei. Vrugbaar. Vars.

PERS:
Luuksheid. Wysheid en goeie oordeel. Misterie. Koninklike waardigheid. Inspirasie. Geestelike vervuldheid. Verbeeldingryk.
Mees gekose kleur onder kunstenaars!
Bybelse gebruik - Behangsels. Koningskap en rykdom

BRUIN:
Mengsel van rooi blou en geel - stabiliserende kleur. Agtergrond-kleur. Natuurlik. Volwassenheid. Plat op die aarde-kleur.
Verskans om in agtergrond te kan bly in kleredrag.

PIENK:
'Stilkleur' van liefde. Versorgend. Sagtheid. Word in sommige tronke gebruik om aggressie teen te werk. Ontspannende kleur.
Bybelse gebruiksvorm - Ivory - skoonheid te beskryf.

KHAKI:
???

Kleurvolle groetnis tot later. Vul gerus die lysie aan  :book1:
« Last Edit: December 18, 2015, 09:35:06 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Woes geskrifte uit toeka se dae
« Reply #6 on: December 18, 2015, 02:15:52 PM »
Lekker gelees Raaitjie.  Dankie vir die deel matertjie.  Ons het darem ook lekker woes kuierdae gehad.   :evil6:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Woes geskrifte uit toeka se dae
« Reply #7 on: December 18, 2015, 09:15:35 PM »
Verseker was die woes PM  :toothy4: Gister so paar goedjies gaan laai in die woordmandjie en aangedra hiernatoe.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Woes geskrifte uit toeka se dae
« Reply #8 on: January 20, 2016, 09:38:39 AM »
Dankie Meraai Lekker gelees hieraan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Woes geskrifte uit toeka se dae
« Reply #9 on: January 26, 2016, 12:28:43 PM »
Bly jy't geniet en dankie vir inloer hier hoor  :toothy4: :notworthy:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Woes geskrifte uit toeka se dae
« Reply #10 on: February 01, 2016, 08:29:02 AM »
Ek het dit nou baie geniet. Baie dankie. :-)