Author Topic: Bosveldliefde  (Read 616 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anze

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 13
  • Gender: Female
    • Ink skryf in Afrikaans
Bosveldliefde
« on: December 15, 2015, 02:23:08 PM »
daar lê ‘n stilte
in my hart se verlang
na waar graskoppe
wuiwend dans
op die ritme van ‘n somerswind
ver weg van stadsgeluide en klingende geld

hier waar die dors
van my siel ge-les word
in savanna veld onder
die geel kruin van ‘n Soetdoringboom
iewers stil saam neurie
aan die verdwaalde Wilger se droom

in die heim van my hart
blom Drolpeer uitbundig in wit
agter die dowwe groen bot van ‘n Maroela
wat my siel se ritme verstaan
já dis die weg deur God vir mẏ,
plaaskind-siel gebaan

dis my Bosveld wat lewe skenk
onder warm sonstraal se skyn
maar ook saans  waar sterre
aan helder voetpaaie bou
en naggeluide hou
my wèès, immer getrou

© Anzé Bezuidenhout
Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bosveldliefde
« Reply #1 on: December 16, 2015, 11:07:18 AM »
Hier waar ek in die bosveld sit kan ek jou beskrywing sien en voel.  Mooi geskryf Anze.
Om te weet is om te verstaan.