Author Topic: Wees veilig  (Read 4733 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Wees veilig
« on: December 12, 2015, 03:14:00 AM »
Einde sewentigs het dit nog so daaruit gesien:

Vrou: Haar Eie Wereld, saamgestel deur Berna van Coppenhagen en  uitgegee deur Daan Retief uitgewers (1979).

Ek toer toe mos deur my boekrak en kom op hierdie "handleiding vir vroue" af.  Besef ek toe weereens hoe tye verander het.

Hier in die middel '70s het "crime" sy kop sleg begin uitsteek.  Handsakdiewe!  Gryp en hol!

Vrouens het nog tuis gebly en vloere geskrop en kinders groot gemaak.  Sy gee wenke oor hoe om vloeroppervlaktes speel-speel skoon te maak,  hoe om 'n goeie mamma en vrou te wees ens.

Hier volg 'n paar veiligheids wenke om te wys hoe tye verander het:

Wees altyd wakker. As u alleen in ‘n verlate straat stap, probeer om dikwels agter u te kyk deur byvoorbeeld te gaan staan en u nek te krap. Kyk dan ook sommer terselfdetyd of iemand u nie agtervolg nie. ‘n Klein sakspieëltjie kan ook vir dié doel gebruik word.  Stap flink en vinnig.   

Dra u handsak oor u skouer en knyp dit teen u lyf vas met u elmboog. Dit ontmoedig handsakdiewe.

Moenie sommer goedsmoeds die voordeur oopmaak as iemand klop nie. Maak eers seker dat u presies weet wie die persoon aan die ander kant is. As die persoon nie sy identiteit wil verstrek nie, moet dan onder geen omstandighede die deur oopmaak nie.

Lui altyd u eie voordeurklokkie voor u u deur oopsluit. Dit kan moontlike inbrekers sommer vroegtydig die loop laat neem.

Moet nooit los en vas vertel presies wat u bewegings is of waar u woon nie. Bly maar liewer doodstil hieroor.

‘n Goeie waghond is nog altyd ‘n goeie belegging. Hy kan nie alleen u huis beveilig nie, maar  ook saam met u iewers heen stap.

Sluit altyd u motor. Moet ook nooit pakkies of byvoorbeeld reënjasse in u motor laat lê nie.

Sorg dat daar genoeg brandstof in u motor is, anders kan u dalk langs die pad gaan staan.

As u saans iewers moet parkeer, soek ‘n verligte kol en maak seker daar’s nie ‘n onwelkome vreemdeling in u motor nie.

Wees versigtig vir iemand wat padaanwysings vra. Sy hoofdoel is waarskynlik iets heel anders as die vra van aanduidings.

Voor u ‘n hysbak binnestap, moet u eers seker maak wie reeds daarbinne is. Indien u reeds binne is en iemand verdags stap in, stap maar liewer dadelik uit.  Dit is ook ‘n goeie gewoonte om te alle tye naby die kontroleknoppies te staan. In geval van nood kan u soveel as moontlik knoppies, asook die alarm druk.

Moenie lank staan en wag by ‘n bushalte nie. Maak dan maar liewer gebruik van ‘n taxi. Daardie paar sent meer kan dalk u veiligheid waarborg. (O liewe land,  busse is so skaars soos hoendertanne en taxi's is so duur soos kaviaar.)

Onthou: almal wat saam u van ‘n bus afklim, is nie noodwendig vriende nie.

Om te maak of u flou is, is dikwels nie so lafhartig nie. Dit kan die aanrander twee keer laat dink voor hy verder met u sukkel.

‘n Vrou kan ‘n aanvaller heeltemal onverhoeds vang met ‘n skielike aggressiewe teenaanval.

As u aanval, mik om seer te maak.  Lang naels kan in die aanvaller se oë gedruk word.  ‘n Sambreel se punt, sleutels, ‘n spuitkannetjie met haarsproei of parfuum en ‘n handsak kan met vrug aangewend word om ‘n aanrander af te skrik.

 :book1:   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wees veilig
« Reply #1 on: December 14, 2015, 04:29:56 AM »
Baie goeie wenke!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wees veilig
« Reply #2 on: May 24, 2016, 11:25:42 AM »
Moet nooit los en vas vertel presies wat u bewegings is of waar u woon nie. Bly maar liewer doodstil hieroor.
Los en vas ... ha-ha, ek het dit lank laas gehoor of iewers raak gelees.
Om te weet is om te verstaan.