• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

nuwe kamera

Started by Lox, June 23, 2011, 08:55:59 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Lox

het 'n nuwe kamera gekry, canon sx 30. dis nou wel nie 'n SLR nie maar bridge kamera, ek glo ek gaan met hom gelukkig wees.

Het by skoonmense gekuier en so paar fotos geneem om te kyk waartoe die zoom in staat is.
die lig was dynserig en veral oor sulke groot afstande maak dit maar die fotos dof, en dit was al laterig in die dag, die bulle en sharks se riller was al aan die gang. toe die ander in die huis die eerste helfte kyk het ek op die stoep gestaan en fotos neem.

hulle woon in heldervue so ent teen die kop op van die lord Charles hotel af.
het die fotos van hulle stoep af geneem.

die foto is met lens op 50 mm gestel geneem.



hier het ek die lens op sy wydste gestel, 24 mm



die woonstelle in die strand is 5 km reguit deur volgens die GPS se mapsource kaart. die foto is met 35 x optiese zoom geneem, so iets soos ekwivalent van 830 mm lens.



toe sit ek die digitale zoom by, dit gee 145 x opties plus digitaal



35x zoom



145 x



steenbras dam 13 km reguit met 145 x geneem



Generaal Botha, ook sowat 13 km



die huise naby somerset mall (kan nie onthou wat was die vergroting nie, kan 35 x wees)



die pienk huis meer ingezoom as vorige foto, sowat 1,4 km (dink dis 145 x)



hy het 'n fish eye funksie ook



die volgende 2 fotos is op vivid colours geneem met sonsak





het  die 2 fotos geneem met die SX30. weet nie of dit heeltemal as makro deurgaan nie.






en van die plantluise wat die roosbome verpes.





nog iets baie naby afgeneem.



het hom in die kombuis gekry

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Goeiste!  Goeie genade!  Dit is ongelooflik Lox!  Hoe stil moet jy daardie kamera hou wanneer jy afneem?  Sou ek nou baie voorbarig wees om te vra hoeveel druiwe dit gekos het?  Die kleur is asemrowend.  Jy kan dit seker nie onderwater gebruik nie of kan jy?
Om te weet is om te verstaan.

Lox

pm, daai kamera het i ongelooflike stabiliseerder in, ek het al voor in lorrie saam gery en afgeneem in die ry,  dan is die fotos stil.

hy kos so 4000 maar ek het hom gekry vir 3000

nee ek het nie onderwater omhulsel vir hom nie, dit sal vrek duur wees. ek hou maar by die kleintjie wat ek het vir onder water

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Daai kamera kan net 'n aanwins wees!   

Lox,  daar is niks fout met jou onderwater foto's nie.  Ek wens ons ander maatjies kon die vergrotings sien wat jy laat druk het van jou onderwater foto's.  Dit is asemrowend mooi!
Om te weet is om te verstaan.

Lox

daai fotos se raamwerk is nou klaar en ons moet iewers in die naweek plan maak om dit op te hang. dit het rĂªrig mooi gekom.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Meraai vannie Baai

Klop klop! Stoffel kom wys die geraamde fotos groot asseblief! Gaande oor jou nuwe speelding.

AB

Ja hier is dit 4 jaar later, die sx 30 bestaan nie meer nie, uitgebrand.....
Intussen ander kameras gekry en die laaste speelplek was in Mosambiek se duik water......heerlik en baie fotos met 'n canon G12 onder water geneem.
Gaan dit nou stuk stuk op ander blaaie hier op die kiekie kyk plek plaas.

ek hoop net julle raak nie verveeld nie want ek het so iets soos 193 uitgesoek ban die seker 1500 a 2000 wat ek geneem het. Sal seker nie almal plaas nie maar wel genoeg om julle te verjaloers.

kyk onder mosambiek 2015 ....

Meraai vannie Baai

Ek het vanoggend heel eerste kom loer of jy my griffelversoek raakgelees het. Soms voel ek soos 'n spook wat met myself gesels hier lol. Duisend dankies AB, ek het gaan loer en dit was 'n OOGFEES!