Author Topic: Moeg om met myself te gesels!  (Read 10526 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Moeg om met myself te gesels!
« Reply #15 on: August 11, 2018, 04:52:31 AM »
Oe lieven loven Naas, ken ons nie daai gevoel wanneer die slaap jou ontwyk nie. Liggaam gedaan maar die oomblik is jy jou oge toemaak is dit asof 'n lig in jou brein aangesit word. Nou weet ek wat gebeur met slaap - dit boer op ander plase en laat my oor aan myself wat veroorsaak dat die skaal alweer gaan oorhel na die verkeerde kant toe want as ek so wakker skrik gaan staan ouvrou voor die oop yskas...dalk moet ek liewers kalorie tel as skape!

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Moeg om met myself te gesels!
« Reply #16 on: August 11, 2018, 05:59:48 AM »
'dalk moet ek liewers kalorie tel as skape!'  Daai een is nou 'n slim plan vir my ook!  Ag, my lewe was 'n stryd teen die koloriee.  Maar deesdae ontwyk die eetlus saam met die slaap vir my.  Mens moet eet en geniet terwyl jy kan!  Ek het vroeg hier kom lees, maar antwoord eers nou na paar takies afgehandel is.  Goeie more ook aan almal daar.

Naas, ek lekker gelag, ek is mos 'n prentjiemens.  Ek teken prentjies in my kop soos regte outydse movies.  Gesien hoe die buurman se hond laasjaar se inbrekers moeg jaag!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Moeg om met myself te gesels!
« Reply #17 on: August 11, 2018, 06:32:40 AM »
Liewe vriende en aardsgenote.   Hierdie waarvan julle praat is baie algemeen.  Ons noem dit "staar siekte" en dit is nog een van kampforum se unieke woorde / beskrywings.

Baie van ons lede sukkel met die ding waar hulle in middernagtilike ure geen oog kan toe maak nie en maklik vir 2 tot 3 ure sit en staar!

Ek is natuurlik baie gelukkig dat ek nie sukkel met hierdie staar siekte nie.  Hulle wil my nie glo nie, maar ek is oortuig dit is al hulle / julle gewetes en dinge wat pla!  :icon_scratch:

My moeder, sendeling in Bulgarye, is natuurlik van die geloof dat as mens so in die middel van die nag wakker "gemaak" word, dan is dit die Here wat met jou wil gesels  :angel8:
« Last Edit: August 11, 2018, 07:00:36 AM by Anton Louw »
Kamp is koning!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Moeg om met myself te gesels!
« Reply #18 on: August 11, 2018, 06:58:43 AM »
Jy het 'n wyse moeder Anton. Lief die 'staarsiekte' uitdrukking  :notworthy: :icon_salut:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Moeg om met myself te gesels!
« Reply #19 on: August 11, 2018, 08:06:37 AM »
Staar siekte, Ster siekte. Wanneer ek so in my eie skedel hoereer in die nag tel ek sterre. Ek is nou besig om my vorige twee pogings te kontroleer want dit smaak my daar het twee sterre verdwyn die tweede probeerslag.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Moeg om met myself te gesels!
« Reply #20 on: August 11, 2018, 11:38:33 AM »
Naas, Naas, Naas  :toothy4:

Hoereer sal ook nooit weer dieselfde betekenis he - ek gaan elke keer 'n skedel sien. Op hierdie stoute noot, gestrik en gedas, kom ek vanaand groet vir eers. My wederhelf is more op die Sondag af vir 'n slag en ek gaan tyd spandeer met hom. Die ou woel arig op die elektriese lande vir 12 ure lank met kragtige saad, 7 dae 'n week en nou is verpligte rustyd tydens hulle twee maand lange shut ... genade daar het ek die wraggies alweer die mooi Afrikaanse woord vergeet vir dit. 
:icon_bigsmurf:
« Last Edit: August 11, 2018, 11:40:26 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Moeg om met myself te gesels!
« Reply #21 on: August 13, 2018, 01:07:30 PM »
Hê hê, dit is uitskakeling.  Hulle noem dit so omdat die kragopwekkers afgeskakel word. Terselfdertyd word die skakeltuig ook nagesien.


Staarsiekte?  Nee wat, ek gryp 'n boek en lees dit totdat ek vaak word.  Soms gebeur dit eers sesuur in die oggend, want dan moet ek mos opstaan! 

Naas, gaan sit op die stoep en dan kyk jy na die planete wat in 'n ry lê. 
Venus, Jupiter, Saturn and Mars. Late August features Mercury before sunrise. 

https://www.theguardian.com/science/2016/jan/20/five-brightest-planets-appear-in-straight-line-from-horizon-to-the-moon
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Moeg om met myself te gesels!
« Reply #22 on: January 04, 2019, 11:15:38 PM »
*Forum 0 vers 0: "Waar een of twee kampvure nog brand, skyn 'n liggie dapper."   :icon_biggrin: :book1: :notworthy:

*Voetnota: Waar is julle? Ek kamp alleen op die forum saam Anton en sy gesin.  :icon_biggrin:

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Moeg om met myself te gesels!
« Reply #23 on: January 05, 2019, 08:08:35 AM »
Wel daar aan ons kant is dit ook maar nog stillerig.    Ek het gister 'n nuusbrief uitgestuur en 'n 2% "automatic reply" gekry van mense wat aandui hulle is eers terug op kantoor die 7de!  2% is baie hoog!   Lyk my meeste sloer nog en geniet die laaste paar daggies van verlof.
Selfs ek slaap tot 7am in die oggende - dit is baie ongewoond.  :sleepy1: :icon_scratch:
Kamp is koning!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Moeg om met myself te gesels!
« Reply #24 on: January 05, 2019, 09:08:42 AM »
Diekant van die aardbol is die ouens seker meer geldhonger - dit woel en werskaf alreeds vanaf die 2de Jan  :icon_biggrin: Glo en vertrou ons sal binnekort darem seker weer drie lede wees wat inloer lol.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Moeg om met myself te gesels!
« Reply #25 on: January 05, 2019, 11:29:44 PM »
Soos gewoonlik die tyd van die jaar dra Naas sy swart jas.
My skoonseun is net voor kersfees gediagnoseer met n baie agressiewe kanker in sy dermkanaal. Die gewas is verwyder en twee tiepes chemo begin Maandag. Ek self was tien dae in die bed met longontsteking. Gelukkig in my vakansie want ek het elk geval nie geld gehad om my motor te start nie. Ek HAAT Desember vakansies en die feestyd.
Die versteek wat ek kom is ander se fotos op FB.
Ek is darem dankbaar dat julle dit geniet het. Gun dit vir julle. Doen so voort.

 :icon_bigsmurf:   
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Moeg om met myself te gesels!
« Reply #26 on: January 06, 2019, 01:53:05 AM »
Ai Naas, ek is so bitter jammer om te hoor van jou skoonseun en jou eie gesondheidsprobleme. Dink aan julle mater. Pas jouself mooi op groot asb.  Die groot K bring ongelooooflike trauma mee vir almal wat omgee en liefhet. Drukkie vir jou mater.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Moeg om met myself te gesels!
« Reply #27 on: January 10, 2019, 02:48:12 AM »
Naas, ek wonder hoe dit nou daar by julle gaan in die mooie mooie Kaap? Sterkte en 'n drukkie weereens vir julle almal mater  :love7:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Moeg om met myself te gesels!
« Reply #28 on: January 10, 2019, 07:02:00 AM »
Ek is nou al my 4de dag met amptelike verlof (verlede Vrydag was oortyd-af gewees) maar ek is nog steeds heerlik wakker net voor 5 elke oggend. Gister het ek darem ge-niks, ge-verlof in oortreffende trap. Het heeldag gesit en griffels skuur en skaaf en ge-tee. Laatmiddag draai plaas toe gery waar dit nog waternat is (kan seker nie 'n ander nat wees nie) maar dis so mooi.

Ek deel jou mammie se siening, Anton, geen niks anders nie, behalwe as dit satansliste is wat jou wakker hou. hy is geskool daarin om jou te wakker wanneer jy niks het om oor te kommer nie en dan 'n kommernis te brou. En daarvoor is daar net een kuur ... gesels met die Herder, sing 'n loflied in jou hart. Ek wakker gewoonlik dan soggens met die wete ek wou nog dit en dat met ons VaderHeer gesels het, maar het so stil weer slaapgeraak.
adéle  :grommit: