• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Moeg om met myself te gesels!

Started by Meraai vannie Baai, October 28, 2015, 12:23:53 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Ouens ek raak moeg om met myself hier op die forum te gesels  :toothy4: Dankie vader vir besoekers wat nog lees anders het ek ernstige bedenkinge gehad oor ons kuierplekkie  :crybaby2:

Naas

Se ek ook mos. Ek het lankal stilstuipe. Smaak my die ander het nou nuwe selfbeelde van maargeit nou wil hulle nie met ons diklitte praat nie.
Ek bestel sommer 'n Banting pizza met chips.  :dontknow:


:icon_bigsmurf:


Ek is maar net een, maar ek ís een.

Fransi

:-)

:hello: Ek het ook nie regtig op die oomblik iets om te sê nie.

Meraai vannie Baai

Klop klop, Naas hier is 'n persoonlike aflewering vir jou hoor. Die chips het ek oppad na jou toe self verorber  :icon_bigsmurf: Sorrrry!



Fransi dankie vir jou stil-inloer  :toothy4:  :notworthy:

adele

mmmmmm, vir daai pizza kom ek aangedraf ...  :toothy4:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Ek't vir jou twee stukkies uitgehou Adele  :love7:

Naas

Ai toggie tog. Nou het ek weer op die sleutelbord gekwyl. Sien julle later, gaan net eers gou my skootbrakkie in die wasmasjien gooi.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ons het diekant 'n advertensie wat die dogter vir haar pa 'n tablet koop. Dan vra sy hom hoe vind hy die nuwe tablet? Sy staan met haar rug na hom toe... hy voor wasbak en kraan loop. Besig om die tablet af te spoel wat hy soos 'n broodplank gebruik het   :headbang:

Fransi


PM

#9
Ag hier is ek ook nou.  Daai pizza sal dalk nog 'n paar ouens lok.   :snorting:

Daar sien ek ook nou hoeveel keer hier al gelees is.  Dit is seker maar hoe dit werk nê, daar is lesers en dan is daar skrywers.   :evil6:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Lesers en skrywers... kom loer ek vandag hier op my eie pos in oor die skouer van 'n naamlose gas  :icon_biggrin: Vanaand is daar nie weer pizza op die Lock menu nie maar wel tuisgemaakte maalvleis en kapokaartappel pasteie. As jy gou oorkom is daar nog agt oor van die oorspronklike twaalf  :icon_biggrin:


PM

Ek hoop nie ek is te laat nie!  Dit is my gunsteling kos. 
Dankie vir die deel matertjie. 
Ek is eintlik bly ek eet nie elke dag van julle tafel af nie, want ek sou so vet soos 'n vark gewees het, sou julle skoon uit die huis uitge-eet het. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Meraai vannie Baai

#13
En hier sit ek, gesels alweer met myself. Wat die buurtannie moet dink weet ek nie want skielik onthou ek dat Adele vertel het van Anton se 'ween hoekie' by die kampforum en giggel kliphard.  Ons weergawe is 'die foltergrot'.  Dalk moet ek 'n spieel bokant my tikker hang sodat as ek opkyk en alleen voel, iemand vir my loer.

:toothy4:

Hopenlik met 'n glimlag wat my herinner dat dit nou pure nag by julle is en daar weer 'n paar woorde iewers gaan verskyn sodra die son ons groet en by julle kop uit steek. Ek los 'n mandjie met drukkies.... as jy hier verby kom, neem asseblief soveel as wat jy nodig het hoor!

Naas

Nee Ta Raatjie is nie alleen nie. Die verdomde sandman het my ook al weer oor den hoofd gesien en die buurman se hond jaag laasjaar se inbrekers al om die huis. Maar dis naweek en ek het niemand hier verwag nie. Nou kwart oor een hier by ons...
Snaaks is ek vaak en moeg maar slaap boer op ander plase.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.