• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

hoe om 'n foto te laai

Started by Lox, June 23, 2011, 08:48:11 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Lox

die wat ek nou opgesit het is met ompad opgesit deur photobuket

dit klink langdraderig as ek verduidelik maar werk eenvoudig as jy dit eers ken

jy moet photobuket.com se webblad oopmaak en registreer. dis gratis

dan gaan jy na die foto in die file op jou rekenaar.
klik regs op die foto en kies open with.......
dan open with jy met paint. hy sal die foto oopmaak.
die rede vir paint is om jou foto kleiner te maak dat hy makliker op photobuket laai.


dan kyk jy by paint bo aan by image, kry die dropfile oop en kies stretch / skew en tik in by horisontal en vertical 50% of 25% of hoeveel jy ook al die foto kleiner wil maak

ook nie te klein nie, kleinier fotos laai net makliker as groot fotos op photobucket

save as die foto weer dat jy nie die oorspronklike een verloor nie.


maak nou photobuket oop

skep album waarin jy jou fotos wil laai
jy kan klomp albums skep
dan kies jy by upload 600x480 die die size wat jy die fotos gaan oplaai.
upload en kies op jou rekenaar die fotos wat jy kleiner gemaak het en upload

as jy klaar opgelaai het dan sit jy die muis op die foto en daar gaan drop file oop
heel onder sal staan img code
klik op img code en so blou stukkie regs van dit sal wys dan copy jy daai blou gedeelte, dis 'n kode.
dan gaan jy na jou blad op woes waar jy die foto wil plaas

dan regs klik jy op die blad en kies paste en daar verskyn so klomp letters en syfers wat vir jou niks beteken nie. dis jou foto daai, as jy nou op preview klik moet jy hom sien as jy als reggedoen het en dan klik jy op post


hoop dit maak sin, an die begin was idt ook grieks vir my maar probeer gerus dit werk goed


moenie dan die foto in photobuket delete of verskuif na 'n ander album in photobuket nie, dan gaan die foto nie meer op die forum wys nie
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Bestuur

Hartlik dankie vir jou inset Lox.  Jy is 'n ou doring! 

Lox

plesier

ek hoop dit is van hulp vir ander mense
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

As iemand nog 'n probleem het kan hulle net hier kom sê.  Ek is seker jy sal nog hulp verleen. 
Om te weet is om te verstaan.

Lox

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Jeannedarc

Lox

Ou Dier nou moet jy help - ek het nou sopas na photobuket.com gegaan maar ek word nie die keuse gegee om te registreer nie. Of het die site verander dat mens nie meer kan registreer nie?

Meraai vannie Baai

Nou net kom soek na die plek waar Stoffeltjie vir ons so mooi beduie. Hoop jy kom reg hoor!!!

Lox

gaan na hierdie blad:

http://photobucket.com/


regs bo in die blou banner staan log in    singnup. by signup maak jy oop vir nuwe gebruiker.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

    http://photobucket.com/
Jy moet photobuket.com se webblad oopmaak en registreer. Dis gratis.

Photobucket sal vir jou 'n groen "upload" teken wys.
Kliek daarop.
Die skakel neem jou na jou "pictures".
Kies 'n foto deur te dubbel kliek. (Ek dink)
Dit sal nou aflaai in jou Photobucket legger.
Jy "edit" dan die foto. Druk op "resize" en kies die grootte.  Medium is goed. 600x480
Onder aan sal die program vir jou vra of jy 'n kopie wil maak.  Ek doen nie, want sodra ek nou twee foto's het weet ek nie watter een is die kleiner weergawe nie.  "Save to folder".
By jou foto sal jy kodes sien. Heel onder sal staan img code. Links kliek daarop.
Gaan na die forum, maak 'n nuwe onderwerp oop en paste die kode daar.
Sodra jy "post" kliek, sal die foto verskyn. 
Ek hoop dit werk vir jou ook.
Om te weet is om te verstaan.

PM

Dankie AB, ek hoop die ouens wat wil weet het gelees. 
Om te weet is om te verstaan.

Jeannedarc

I have found a way to upload a pick without photobuket. If one click on additional options below, you could load your photo as an attachment

PM

Die grootte is egter 'n probleem.  'n Mens kan nie die hele prentjie met een oogopslag sien nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

As jy die foto as aanhangsel wil plaas moet jy eers die pixels verminder. Dit sal die foto verklein en nie soveel data gebruik wanneer jy die foto laai of lees nie.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

AB

ek maak die fotos kleiner met photoscape of met fast stone photo resizer en ek stel dit so dat die lang sy 1000 pixels lank is, dis 'n goeie gemiddelde.
Met photoscape kan ek een foto op 'n slag verklein en met fast stone photo resizer kan ek 'n hele folder se fotos verklein, meeste was seker 150 op een slag.

AB

ek het mooi al 2000 fotos op photobucket gelaai met baie moeite en nou wat ek dit wil oordra na die blad is daa nie 'n opsie om dit te doen nie. Photobucket het intussen vernader dat sy copy funksie nie meer na die blad werk nie. sal maar die additional options probeer.

toets hom hier