Author Topic: Bantingresepte  (Read 9425 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Bantingresepte
« on: October 12, 2015, 12:14:41 PM »
Kom plaas asseblief julle bantingresepte hier.  
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Bantingresepte
« Reply #1 on: October 12, 2015, 09:52:02 PM »
Ek sal so maak. :-)

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Bantingresepte
« Reply #2 on: October 13, 2015, 06:33:02 AM »
Plek geboek!

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Bantingresepte
« Reply #3 on: October 20, 2015, 07:23:04 AM »
Herderspastei:

Vulsel:

500g Maalvleis (ek weeg nie regtig nie, ek gebruik resepte gewoonlik net as riglyne en hierdie gereg het baie lekker uitgekom. So julle hoef nie die "reëls" slaafs te volg nie.)
250g Spek
Regte botter of olyolie om mee te braai
1 gekapte ui
1 gekapte green pepper
sommer 'n handvol gesnyde sampioene
3 fyn gekapte knoffelhuisies (ek het sommer die wat reeds fyn is, gebruik)
1 teelepel fyn gemmer
2 teelepels room
1 teelepel tiemie
sout en peper na smaak

1. Braai spek en maalvleis totdat dit bruin vertoon. Geur dit en skep dit in 'n bakkie. Dit gaan later weer by die ander bestanddele gevoeg word.
2. Sauté die uie, knoffel en green pepper. Voeg die sampioene en daarna die tamaties by dit. Nou kan die vleis weer saam met dit gemeng word.
3. Prut en voeg die room by.
4. Prut totdat die room verdik het.
5. Plaas die mengsel in 'n oondbak.

Kors:

1 Groot blomkool sag gestoom en fyngedruk. (mash)
2 geklitsde eiers
100g botter
knippie nutmeg
'n bietjie sout
1 koppie gerasperde kaas

1. Voeg die gekitsde eiers en daarna ook die botter by die mash.
2. Geur dit met die nutmeg en sout.
3. Bedek die maalvleismengsel met die blomkool-mash.
4. Die gerasperde kaas kom bo-op.
5. Rooster/ bak totdat die kaas goudbruin is.

Lekker eet! :-)

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Bantingresepte
« Reply #4 on: October 20, 2015, 09:40:03 AM »
Atta patatta! Klink hemels. Duisend dankies vir deel Fransi. Glo dit kan groot gunsteling word!

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Bantingresepte
« Reply #5 on: October 20, 2015, 09:54:14 AM »
Ek is bly. :-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bantingresepte
« Reply #6 on: December 09, 2015, 10:51:57 AM »
Dit is 'n uitstekende idee om blomkool te gebruik vir 'n degie!  Ek sal hierdie resep beslis maak.  Dankie vir die deel Fransi.

Ek dink nie die "banting ding" werk vir my nie.  Vir 'n maand lank het ek niks verloor nie, maar darem ook niks opgetel nie.  Dalk het ek te min vet ge-eet, of te veel vleis.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Bantingresepte
« Reply #7 on: December 22, 2015, 07:54:54 AM »
Ons verloor darem. Stadig, maar ons tel dit nie weer op nie. Tensy ons kuiergaste het, eet ons nie eintlik meer vet en vleis as voorheen nie, wel slaai en groente asook eiers en ongegeurde jogurt. Ek glo nogal aan die "luister-na-jou-lyf"-hipotese, so wat vir my werk, gaan nie noodwendig vir jou werk nie.

Ja, ek is mal oor die blomkool. Ons gebruik dit ook om vir ons rys te maak. :-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bantingresepte
« Reply #8 on: December 24, 2015, 08:06:57 AM »
Ek is bly dit werk vir julle.  Gaan dit nog goed met die nie-rokery?  Ek hou nou al twee jaar vol!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Bantingresepte
« Reply #9 on: December 24, 2015, 11:57:10 AM »
WOW! Baie geluk PM!!
« Last Edit: October 29, 2016, 11:11:17 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bantingresepte
« Reply #10 on: December 27, 2015, 06:20:07 AM »
Nee Raaitjie, dit was ongelyk!   :angel7:  Ek was party dae so lus vir 'n rokie ek kon my lag nie hou nie.  Gelukkig het die ouens om my, my vreeslik aangespoor. 
Ek weet dit was net 'n fingerfoutjie.  Dankie matertjie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Bantingresepte
« Reply #11 on: January 05, 2016, 09:16:10 AM »
 :icon_biggrin:

Ja, ons hou nog mooi, ek droom net  nou en dan dat ek 'n sigaret in die hand het, maar die lus is selde daar. Baie geluk met jou twee jaar!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bantingresepte
« Reply #12 on: January 06, 2016, 08:49:11 AM »
Baie geluk aan julle ook Fransi, dit is 'n groot oorwinning.  Ek stry net gereeld met die gewig.  Twee af en twee op en so ploeter ek voort. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Bantingresepte
« Reply #13 on: January 08, 2016, 08:04:01 AM »
Sterkte met die gewig. Ek sê maar vir myself dat ek nie in slegs een jaar al die vetjies versamel het nie, so dit gaan seker maar ook 'n rukkie neem om dit te verloor.