Author Topic: Rooiwyn is goed vir jou, maar...  (Read 13406 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Rooiwyn is goed vir jou, maar...
« on: October 07, 2015, 04:15:20 AM »


Gewoonlik is die eerste ding wat in meeste gesonde eetplanne taboe is, natuurlik alkohol. Dan volg die gewone verskoning wat ons rooiwynliefhebbers gebruik (Outop en ek ingesluit lol) - dit is gesond! En dan natuurlik die 13 goeie minerale waarna verwys word op die grafiese ontwerp.
 :headbang:

'n Nuwe studie dui vir die eerste keer daarop dat natuurlike antioksidante in rooiwyn en NIE die alkohol nie, voordelig vir jou hart is.  Navorsers in Spanje sê die alkohol verminder die rooiwyn se vermoë om bloeddruk te verlaag, wat enige voordele uitkanselleer.

Hulle het bevind dat mans met 'n hoë risiko vir hartsiekte, laer bloeddruk gehad het nadat hulle elke dag vir vier weke nie-alkoholiese rooiwyn gedrink het.
Die navorsers het 67 mans met suikersiekte of drie of meer kardiovaskulêre risikofaktore bestudeer.

Die mans het dieselfde dieet gevolg, maar dit met verskillende drinkgewoontes gekombineer.

Hulle is versoek om óf 300 ml rooiwyn, nie-alkoholiese rooiwyn óf 90 ml jenewer per dag te drink. Hulle het in die vier weke 'n kombinasie van die kos en drank op die proef gestel. Die rooiwyn en nie-alkoholiese wyn het gelyke hoeveelhede polifenole, 'n antioksidant wat bloeddruk verminder, bevat.

Hoë bloeddruk (hipertensie), ofte wel hoër as 140/90, is 'n groot risikofaktor vir hartsiektes en beroerte. Die eerste syfer, die sistoliese druk, korrespondeer met die 'opwelling' wat met elke hartklop in jou are plaasvind, terwyl die diastoliese lesing dui op die drukking tydens die 'rusfase' tussen hartkloppe.

Tydens die rooiwynfase het die mans net 'n klein vermindering in bloeddruk beleef en daar was geen verskil toe hulle jenewer gedrink het nie.

Toe hulle egter nie-alkoholiese rooiwyn gedrink het, het hul bloeddruk met sowat 6 sistoliese en 2 diastoliese punte gedaal, wat die risiko van hartsiekte met 14 persent en van beroerte met soveel as 20 persent kan verminder.

Die studie is in die Amerikaanse Hartvereniging se joernaal, Circulation Research, opgeteken.

Bron: http://www.republikein.com.na/kollig/rooiwyn-is-goed-vir-jou-maar.155565.php
« Last Edit: October 07, 2015, 04:20:56 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Rooiwyn is goed vir jou, maar...
« Reply #1 on: October 07, 2015, 04:29:38 AM »
Bier of wyn?

Omstredenheid sal daar altyd wees waar gesond versus ongesond deur die toue klim en mekaar aanvat.

http://www.sarie.com/gesond/gesondheidstories/kies-gesond/

Jammer bierdrinkers – wyn wen. Dis nou volgens die webblad www.focused-on-fitnes.com, waar die twee met mekaar vergelyk word. Deense navorsing wys wyndrinkers leef langer. Hulle eet ook gesonder, aldus (nog) Deense navorsers wat in mense se inkopiewaentjies gaan loer het. Wyndrinkers koop vrugte, groente, olywe en laevet-kaas, terwyl bierdrinkers skyfies, koeldrank vol suiker en wors kies.

Ander studies wys (rooi)wyndrinkers kry minder kanker. En die wyndrinkende Franse het minder hartsiektes, ten spyte van hul voorliefde vir ryk kosse.

Ongefiltreerde bier (dus vatbier of draft) hét wel meer voedingstowwe as wyn: Baie B-vitamiene, verskeie minerale en net soveel antioksidante. Maar bierdrinkers hou van fuif, wat al dié voordele uitskakel. Jy kan verslaaf raak of lewerskade kry as jy te veel alkohol inneem. Daar is egter niks met bier verkeerd nie, solank jy nie oorboord gaan nie en die skyfies en vetterige pizza uitlos. As jy wyn om gesondheidsredes kies, is rooi die beste. Daar is ook ’n aanvulling met al die goeie dinge in rooiwyn, minus die alkohol en kilojoules.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Rooiwyn is goed vir jou, maar...
« Reply #2 on: October 07, 2015, 05:08:19 AM »
Sêgoed oor die nektar uit die wingerd:

WC Fields het eendag gesê ‘n vrou het hom na drank gedryf en hy’t nooit eers die ordentlikheid gehad om haar te bedank nie!

Pous Johannes XXIII het weer gesê dat mans soos wyn is: sommige verander in asyn, maar die beste verbeter met ouderdom.
 
'n Maaltyd sonder wyn is soos ‘n dag sonder sonskyn.

Mens kan die wyn nie beoordeel, deur na die vat te kyk nie.

Daai klas wyn is nie vir ‘n man met ‘n dun kopvel nie.

'n Glasie wyn vir die pyn.

Goeie raad uit die vat vir "Wynskoenlappers":
Moenie jou wyn so vinnig drink dat jy dit nie eens proe nie.

Daardie drankie terwyl jy kos maak kan ’n probleem word as jy nie tred hou met hoeveel jy drink nie – dan is jy ook gaar teen die tyd wat die kos gaar is!

Rooi wyn is by uitstek die kundige kok se bystand en toevlug.

Van die poskoets afgeval:
In WINE there is WISDOM
In BEER there is FREEDOM
In WATER there is BACTERIA

 :toothy4: :hello:


« Last Edit: October 07, 2015, 05:10:11 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Rooiwyn is goed vir jou, maar...
« Reply #3 on: October 08, 2015, 02:01:41 PM »
Lekker lag ek nou!   :sign10:    Ek wil asseblief geen maars hoor nie.   :icon_biggrin:

Noem 'n mens nie rooiwyn sonder alkohol druiwesap nie?  Ek het al alkoholvrye bier gesien, maar nog nooit die rooiwyn nie.




Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Rooiwyn is goed vir jou, maar...
« Reply #4 on: October 09, 2015, 12:01:01 PM »
Vrekduur diekant van die aardbol en wie gaan nou geld so mors PM?  :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Rooiwyn is goed vir jou, maar...
« Reply #5 on: October 12, 2015, 11:44:16 AM »
Ek stem heelhartig en lustig saam.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Rooiwyn is goed vir jou, maar...
« Reply #6 on: October 07, 2018, 07:27:42 AM »
Maar...... o wee, as daardie woord geuiter word, wil ek hasepad vat - al is dit skouerlesend uit 'n dertig grade boog. Verlede naweek het ons 'n famielid vanuit Suid Australia gasvry onthaal en dit sluit natuurlik 'n rooietjie of drie vir my en Outop in. Hierdie rooivoggie se invloed op rottegif moes ek aan my huisdok verduidelik na sy oproep aan my so skuins voor skemer Vrydag. Sonder skroom kan ek getuig na ses lange jare is dit nog een oproep wat ek NIE verwelkom na 'n bloedtoets nie - "Maria, this is doctor so and so......I am not happy with your blood test results last week!

En enigste verweer vir die verandering is daardie drie glase rooiwyn. My bloed se klontingstydperk is nou gevaarlik hoog. En dok se antwoord: "Really? Just red wine and it influenced your INR count like that?"

Yep sir. 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Rooiwyn is goed vir jou, maar...
« Reply #7 on: October 08, 2018, 03:05:58 PM »
Ag dis jammer van die nadele.  Daar is darem niks so lekker as om die vuur te kuier met 'n rooietjie nie. 
Om te weet is om te verstaan.