Author Topic: As jy jou bybelversie gatkant toepas (met respekte)  (Read 3611 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
As jy jou bybelversie gatkant toepas (met respekte)
« on: September 30, 2015, 11:27:57 PM »
Die titel se presies wat my sondige daad behels het. Leer ook nooit. Ek moes gister eerder by vriendinsondermotorlisensie weer die ander wang gedraai het en nie die ander oor nie; was die onnatuurlike stilte oor huis en haart toe ek klop, my gespaar.

Vorige geleentheid hoeka klap deur gesig gekry toe ek dog dalk was dit my verbeelding dat ek die radio hoor bler het met my aankoms en net na die klop daardie onnatuurlik stilte....

Blindings het die nare neiging om die ene wat jy beetkry vir loer, boontoe en ondertoe te beinvloed. Nes af-kos.

Tsssssk! Versoeking was groot om Lot se vrou te speel met die terugstap Jepie toe en so :hello:  te gee.

Toe kruie ek maar voort en gaan haal op eie houtjie my twee gratis struike by die munisipaliteit wat die cowboy-dorpies in ons omgewing elke jaar ontvang en tel my seeninge een vir een vir die voorreg om aanlynmaters te he. Kan nie sien of hoor as hulle wegkruip as ek hulle wou saamnooi nie  :icon_biggrin: PM vertel mos die pad na die hel is met goeie bedoelings uitgele en ek is heiliglik oortuig dat daar weerskante, doring-in-die-vlees-struike groei.

So lyk die skatte vir ons gevlerkte vrinne hierdie jaar. Almal het gewaarsku: onthou dit verstop rioolpype, so ons sal ver weg plant; die fladder van vlerke en dankbare gekwetter geniet as dit spierwit in blom staan.

« Last Edit: October 01, 2015, 12:06:35 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: As jy jou bybelversie gatkant toepas (met respekte)
« Reply #1 on: October 01, 2015, 08:44:18 AM »
Ek skud net my kop in ongeloof Raaitjie.  Dit moenie 'n klap in jou gesig wees nie, eerder 'n klap in die "Here-vergeef-hulle- want, . . . - (is ek sommer lus om 'n p-woord te gebruik) vir sulke - ag laat ek dit maar sê:
poep-polle!  :icon_scratch:   :icon_biggrin:

Ek wens ons kon sulke pragtige bome kry.  Dit is baie mooi. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: As jy jou bybelversie gatkant toepas (met respekte)
« Reply #2 on: October 01, 2015, 12:00:20 PM »
Groot voorreg die boompies ne! Ek voel nou sommer baie beter na jou gepasde naam :icon_biggrin:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: As jy jou bybelversie gatkant toepas (met respekte)
« Reply #3 on: October 01, 2015, 12:05:37 PM »
Assie se oupa het een keer vir my gese toe ons daar kuier: "As jy met die bybel onder jou kopkussing gaan slaap raak jy met 'n stywe nek wakker." Klink my dis hier van toepassing.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: As jy jou bybelversie gatkant toepas (met respekte)
« Reply #4 on: October 01, 2015, 12:19:48 PM »
 :sign10: Heel gepas Naas en moenie die status bewustheid vergeet nie  :icon_bigsmurf: As jy nie die burgermeester en sy gesante op die voornaam ken nie, bly jy aan die verkeerde kant van die spoorlyn en jy mos hoeka gesien waar sit die pandokkie lol!