• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Dom Boer se 'Kok soek werk'

Started by Meraai vannie Baai, September 16, 2015, 12:23:18 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Hierdie vanoggend op my gevreetboekie gekry. Gedeel deur 'n PHriend in Saudie wat weet hoe lief ek my taal het.

Kok soek werk

Spesialiseer in:
Mooi broodjies bak
Die pap dik aanmaak
'n Goeie kool stowe
Kastaiings uit die vuur krap
Op eiers loop
Vet om die oë smeer
Kierangtjies braai
Die bloed laat kook
Poetse bak
Die pot aan die kook hou
Op hete kole sit
Kluitjies bak
Lepel in die dak steek
Stoom afblaas
Ou kos opwarm
Gou uitgebak raak
Met die gebakte pere sit
Siepsop en braaiboud
Soustrein ry
Kruie by die taal voeg
Die brood dik smeer
Heuning om die mond smeer
Met spek skiet
'n Ui tap
Appels swaai

– deur Dom Boer

Meraai vannie Baai

#1
Net in Afrikaans. So lyk hierdie plasing as Bing hom probeer vertaal het  :icon_biggrin:

Nice broodjies bake
That pap thick creation
a Good carbon stowe
Kastaiings from that fire tight
On eiers walking
FAT to which ōe lubricating
Kierangtjies braai
That blood makes cooking
Student bake
That pot to those cooking love
On hot kole sit
Kluitjies FRY
Spoon in which roof insert
Steam relief
OU kos warm-up
Gou uitgebak touch
With those fried pere sit
Siepsop and braai boud
Sous train ry
Kruie by that language add
Those much thick lubrication
Heuning for that mouth lubricating
With Bacon skiing
a Ui tap
Apples swaai

Ons het nou al heelwat klei getrap diekant met lesers wat ons kommentare probeer vertaal. Sommige van ons uitdrukkings ken die Engelsmanne glad nie eers diekant van die aardbol nie en kyk ons aan of jy van die maan af kom  :icon_bigsmurf:

Toe kon ek die versoeking nie weerstaan om gou die lyntjie hierbo te vertaal nie:
Some of the most diekant with us the well all clay trampling our lesers kommentare try translation. Some of us know that expression Engelsmanne smooth diekant of that nie first globe nie and kyk jy to us or of those Moon Bowl

I rest my case djou honor  :notworthy:

PM

Ag nou toe nou!   :toothy4:  Dit is 'n lekker gemors ja.  My opvangs het nou die gees gegee.  Nou gaan ons gou jukskei speel.  (Vertaal dit vir my na Engels asseblief.)  Sal weer later kom inloer.   :wave:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

My upcatch have now given the gost. Now whe fast go to play itchseperate.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Hahahahah jy sal moet verduidelik in Afrikaans :toothy4:

Naas

My opvangs het nou die gees gegee.  Nou gaan ons gou jukskei speel.
My upcatch have now given the gost. Now whe fast go to play itchseperate.


PM het gevra ons moet vertaal na Engels.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek lag vir daai "itchseperate", maar die hele spulletjie is Grieks.   :read2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hiehiehie, ek het PM se kommentaar skoon misgelees. Naas jy moet bietjie daai werksoek ene waar jy in die pad gesteek is, gaan vertaal  :headbang: