Author Topic: Verloor maagvet.  (Read 5285 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Verloor maagvet.
« on: September 11, 2015, 03:01:23 PM »
Nou sit ek hier en krap my kop.   :icon_scratch:  Hoe kan 'n mens op 'n "maagvet-dieet" gaan?   :dontknow:
My eens-op-'n-tyd-normale-verstand vertel nou vir my dat dit nie kan werk nie. 
Dit kan seker werk as jy die laaste gewig om jou maag opgetel het, dan moet dit seker die eerste gewig wees wat jy verloor?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Verloor maagvet.
« Reply #1 on: September 11, 2015, 11:40:08 PM »
Hiehiehie, kom ek verduidelik vir jou laaaank en mooi - dit sal nou 'n naderloklyntjie wees as jy een van daardie geseend-geronde mense is wat 'n ingeboude tjoepie om jou middellyf het, en nou wil probeer om op jou eie te dryf op die water of leer swem. Die ouens maak staat op jou dollars wat jy gaan spandeer om by die proses uit te kom  :sign10:
« Last Edit: September 11, 2015, 11:42:02 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Verloor maagvet.
« Reply #2 on: September 12, 2015, 10:13:51 AM »
Jy is heeltemal reg.  Ons weet eintlik almal dat jy 'n gesonde dieet moet handhaaf om gesond en slank te wees.  Ai, as dit nie vir die wynboere was nie!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.