Author Topic: Ou koeie en bytende honde  (Read 2029 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Ou koeie en bytende honde
« on: August 28, 2015, 12:26:04 PM »
Hierdie is 'n Assie storie

My oupa sê altyd: “As jy met ou koeie ploeg krap jy net laas jaar se stront oop.”
Vanoggend loop die koue weer op krukke oor die lande om die ryp op die grond te vermy.
Ek en Oupa staan op die stoep, elkeen met ‘n blikbeker moer wat sukkel te stoom deur die koue.
Die appelbome wil wil so ‘n pienk skynseltjie gooi om die lente te groet.
Toe Oupa nou so diep sug besef ek hier kom nou weer ‘n ding.
Ek moet nou eers verduidelik. Ta Stienie is laas week weer sak en pak terug Wellington toe agter die skelm Jood aan. Die kom toe mos hier aan met sy blinkwit Beemie en sy Colgate smile. Draai weer ‘n paar skelm woorde in die rondte en maak leë beloftes tot Ta Stienie hom glo en...
Nou ja... Ons is weer alleen, ek en Oupa.
So tussen die proe aan die warm moer deur kom Oupa se gedagtes ook kuier.
Jy weet Assie, ‘n mens moet seker maar glo dat die mak honde jou nie sal byt nie want hulle byt mos gewoonlik die seerste omlat jy dit nie verwag nie. Ek wonder net of die mak hond se byt die tweede keer weer so seer gaan wees as die eerste keer. Die slag moet jy dit mos so half verwag.
Ek wil eers wonder hoekom Oupa praat van honde wat byt want hier op die plaas byt ‘n hond net een keer en gaan dan dood aan loodvergiftiging.
Jou Ant Stienie is nou weer by-in-die-hol hier weg agter die Jood aan maar ek is seker daai hond het nog nie klaar gebyt nie.
Nou verstaan ek skielik die hond storie.
Ek hoop net dat die tweede byt nie seerder gaan wees as die eerste een nie.

Twee weke later lui die plaaslyn.
Dis Ta Stienie.
Vra snikkend om met Oupa te praat.
Oupa sit die foon neer en sug: “As ‘n mak hond jou die tweede keer byt is dit jou eie skuld.” is al wat hy sê terwyl hy die bakkie se sleutels vat.
Oupa moes haar op die stasie gaan haal met al haar bagasie en twee toegeslaande oë.
Ta Stienie terug op die plaas. Sy gaan die Jood skei nadat sy ‘n saak van aanranding teen hom oopgemaak het.
Nou lê ek wakker en luister na die gesnik in die kamer langsaan en ek besef dat die tweede byt seerder maak as die eerste omdat dit dwarsdeur jou vertroue kou.


Assie

©

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ou koeie en bytende honde
« Reply #1 on: August 28, 2015, 12:51:35 PM »
Besef ek nou skoon bewoë hoe ek Assie en oupa se wyshede gemis het! Dankie baie baie vir deel Naas  :hello2: :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ou koeie en bytende honde
« Reply #2 on: September 04, 2015, 06:30:27 PM »
Mens kan nie altyd opregte liefde verduidelik nie.  Opregte liefde verstaan ook van vergifnis.  Vandag se voetspore volg ook direk op die verlede s'n.  Ek is seker Oupa verstaan dit ook so.  Oupa verstaan dalk ook dat gister en vandag se voetspore deur more s'n doodgevee kan word, 'n mens moet net daarop fokus.  Dit is dalk ook hoekom Oupa verstaan dat 'n mens nie met ou koeie moet ploeg nie? 

 :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.