Author Topic: ierland 2015 # B Belfast en verder  (Read 4558 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
ierland 2015 # B Belfast en verder
« on: August 22, 2015, 08:57:26 AM »
ierland 2015 # B Belfast en verder

Ons is die oggend Belfast toe met die gedagte om die Titanic museum te besoek en dalk 'n bus toer te neem in Belfast.
Weereens dankie vir die GPS. Ek soek toe Titanic museum daarop en wys ek wil daarheen gaan. Daar is selfs parkeerplek ook in die hawe. Toe ons by die pad afdraai wat na die parkeer plek gaan word ons gekeer want die Taal Ship Races is aan die gang en die parkeerplek word vir iets anders gebruik. Ek stop toe en vra die poliesman waarheen nou en hy sê hy weet ook nie juis nie ek moet maar aanry. So ry ons aan en soek en toe ons weer sien is ons weer by die ingang en selfde man wat ons keer. Op die ou end kry ons 'n parkeerplek in arkade en besluit ons sal dit moet neem en dan stap. Die rondry op soek na parkeerplek het seker 30 an 45 minute geneem. Toe stap ons seker nog 30 minute na waar ons wil wees.

Op pad daarheen langs ons stap pad kom ons toe by die Tall Ships uit. Dit is iets wat elke 6 jaar aangebied word en die skepe kom van oor die wêreld. Daar is fees atmosfeer en die mense is vriendelik en dis net ons se mense wat ek daar sien. Als georganiseerd en skoon.
Mense staan lang rye om op die skepe te mag gaan en besigtig.










pragtige skepe en die matrose vang "shine" en ek dink net julle kan maar nou "shine" vang hier tussen die dames maar vlg week is julle weer op see en dis werk werk werk op die skip en dan kan mens nog see siek raak ook, ek bly net hier op land, dankie.

So stap ons verby die skepery na die titanic museum. Dis nogal duur maar ek het so ver gery van die huis af hierheen ek kan nie nou vir paar pond ( baie rand) omdraai nie.



Dit is 'n groot museum en ook "self guided" ongelukkig is dit donker binne en jy mag nie kamera se flits gebruik nie toe het ek nie juis fotos geneem nie.
Wat interessant is, daar is 2 identiese skepe langs mekaar gebou, die Titanic en Olympic en 'n 3 de een wat ook baie na aan die ander 2 se paln gebruik het die Britannic.

hier kan jy lees daaroor
 
http://www2.gcs.k12.in.us/bholt/Olympic%20Class%20Ships.htm
kon net die paar fotos neem












Tussen die pale aan die linkerkant is die Titanic gebou en te water gelaat.

Titanic house



voor die Titanic house maar wat dit voorstel sal ek nie weet nie.




Die span het daar op die gras musiek gemaak.








weer by die Tall Ships verby gestap en toe besef ons dat ons sal nou moet pad vat verder noord want oor 'n uur raak idt spitstyd in Belfast en dan is dit 'n vreeslike ophouery en ons sal dalk dan moet slaapplek soek in Belfast wat seker moeilik gaan waas agv die Tall Ships en hoog vakansie seisoen.







een van die strate waar ons gestap het.



so af en toe iemand gesien met vreemde kleur hare.







# 4 vervolg...Ballycastle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ierland 2015 # B Belfast en verder
« Reply #1 on: August 22, 2015, 09:17:17 AM »
Dit is asemrowend mooi AB!  Al die kabels en maste en syle!  Pragtig.
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: ierland 2015 # B Belfast en verder
« Reply #2 on: August 22, 2015, 09:37:49 AM »
Als lyk net mooier daar vir my dlak omdat dit skoon is? of dlak omdat ek in vakansie stemming was?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ierland 2015 # B Belfast en verder
« Reply #3 on: August 22, 2015, 11:35:59 AM »
Dit speel mos maar 'n rol, maar mooi was nog nooit lelik nie en 'n mens se hart wil breek as jy sien hoe onse mooi land bestrooi word met vullis en menslike afval. 

Die wolke hier maak 'n sprokiesmooi agtergrond. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: ierland 2015 # B Belfast en verder
« Reply #4 on: August 22, 2015, 11:58:15 AM »
wolke met karakter maak rerig mooi agtergrond, as die foto baie net blou lug bevat kan dit vervelig lyk.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ierland 2015 # B Belfast en verder
« Reply #5 on: August 22, 2015, 11:59:48 AM »
Dit is pragtig.
Om te weet is om te verstaan.