Author Topic: Straathoek Werker  (Read 1205 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Straathoek Werker
« on: August 15, 2015, 08:15:00 AM »

Ek is die straathoek werker
Op my pos tog so getrou
Winter somer is ek hier
Hier op my straathoek
In die reën in die kou
In die brandend sonskyn pla ek jou

Op my kartonnetjie vertel ek jou
Gee my ‘n aalmoes ‘n daalder
Want daar’s geen werk
Ek’t geen kos of kleer
My kindertjies se magies hongerseer
My ega is ook hulpeloos, sonder job

Hiers ek weer hiers ek weer
Plastic coke bottel valerige seep water
My squeezie ook maar nie te skoon
Ek gaan jou irriteer
Ek gaan seperige water op jou venster smeer
En met my vetterige squeezie oraloor vee

Hier is ek hier’s my kind
Want die son brand die wind is ys
Sit ek hier so in die koelte
Uit son se oog uit die snerpend wind
My kind se handjies so leeg
My kind se ogies gloei van honger
Vul haar handjies uit jou jammer

Hierdie is my pozzie, dis my office hierdie hoek
My mini so kort en my tiete ontbloot, so groot
Vars is my koek en my stilettos bloed se rood
Maak oop jou beursie maak oop jou gulp
Verlustig jou in wulpse wellus
Ek sal jou gee wat jou vrou nie kan

Hier so agter ‘n bossie, ‘n boom sit ek wagtend
Geduldigwagtend op my prooi
Ek ka kies, ek ka keur na hartelus
BM’s, Merc’s, Mini’s manne en vroue
Ek like die vroue, met my vonkpropvuis
Fok ek julle psiges lekker op, laat jou ‘n bewend riet

Ek is die straathoek werker
Ek het ook maar net ‘n job te doen
Ek het ook maar ‘n tafel wat kos op vra
Ek het ook maar net my drug habit
wenend histeries deur my lyf
Ek het maar net my handsak fetish
en vonkprop wat my jaag en
Ek sal jou hinder, pla en irriteer,
frustreer en verrinneweer



Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Straathoek Werker
« Reply #1 on: August 15, 2015, 10:41:20 AM »
'n Alledaagse prentjie pragtig opgesom!  Jou skrywe bring 'n lag om my mond, maar die werklikheid bring 'n traan in my hart.

Pragtig geskryf!   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.