• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Help asseblief met hierdie gesegde

Started by PM, August 14, 2015, 12:09:57 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek het 'n briefie ontvang van Magda wat vra:

Goeiedag,

Ek wil net uitvind of daar so gesegde bestaan:
"Vang in jou eie broek luise"

Groete,

Magda Stoffberg
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Dit bestaan nou. Baie gesegdes is streeksgebonde. In die Lankloof gebruik hulle die gesegde in die plek van die balk in jou oog wat eers uitgehaal moet word voor jy die bos uit Zuma se oog probeer haal.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ons gebruik ook "vee eers voor jou eie deur" hier in die ou Transvaal. 

In Leeupoort kan die luise-ding werk, want ons het 'n plaag van bosluise wat altyd orals opkruip!
Die goed het mos verskillende stadia ook.  As hulle nog so baie klein is word daar na hulle verwys as "peperkorrels".
Jy bly weg onder bome as dit reën hoor.  As daai goedjies op jou val grou hulle net daar in jou vel in.  Dit jeuk en brand vir maande.
Om te weet is om te verstaan.