Kan julle glo dat ek so dom ding gedoen het. Ek kuier heerlik op die gesigboekie, dis my tweede huisie. Ek gebruik verskillende rekenaars, en ook my man se foon. Lyk my as gevolg daarvan dat ek uit soveel verskillende bronne aangeteken het, het die fb stelsel opgemerk dat dit n risiko mag wees, en my gisteroggend in kennis gestel toe ek wou aanteken dat ek vir sekuriteitsdoeleindes n nuwe wagwoord moet kies. Ek weet nie wanneer laas julle die nuwe wagwoord ding op die net probeer het nie. Met elke wagwoord gekies het die stelsel my oor die vingers geraps. Toe hy eindelik een aanvaar en ek op my blad aanteken, was ek so 'chuffed' oor die sukses dat die gekose wagwoord skoon by my kop uitgevloog het. Toe ek later vanaf n ander rekenaar wou aanteken, moes ek dit weer intik en daar probeer ek vergeefs. Ek gebruik toe die opsie om n nuwe wagwoord aan te vra, maar o wee. Hulle stuur die na my epos adres op fb rekord, wat n verouderde een is van n vorige werksepos waar ek lankal nie meer werk nie. Daar is n opsieom dit so te verduidelik en n nuwe bruikbare een te gee, maar as gevolg van sekuriteit moes ek eers so lys invul en n afskrif van my ID saamstuur. Die het hulle nou ontvang, maar moet proses nou eers sy loop neem. Intussen sit en wag ek maar hier buite op die stoep van my gesigboekhuisie. Kom nou agter hoe verslaaf ek is aan die daaglikse kommunikasie daar. Ai tog.