• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die woord "Mos"

Started by Stof, April 01, 2011, 04:00:20 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 3 Guests are viewing this topic.

Stof

Nee, nie die groenigheid wat in klam skadukolle groei nie.

Mos is ook 'n kort woordjie.  Seker die sagste kragwoord in Afrikaans.  Tog, baie effektief.  'n Woord wat seerder kan steek as menige kru kragwoord.

Hoe steek hierdie woord?
Ek het jou MOS gesê!  (lees: Jou onnosel mens, jy moes van die begin af geweet het jy is my intelektuele mindere...)

Hoe manipuleer hierdie woord?
In 'n supermark:  Liefie, hierdie is MOS daardie toebroodjiesmeer waarvan jy so baie hou, nie waar nie? (Lees:  Jy durf nie nou met my verskil hieroor nie, ek wil dit koop en ek gaan dit koop.  Anders...)

Kom deel jou ervaring van hierdie klein woordjie hier met ons.
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

PM

Stof,  jy prikkel my lagspiere vroegdag.    :icon_biggrin:

   Nee, nie die groenigheid wat in klam skadukolle groei nie, ook nie ongegiste druiwesap
nie!    :icon_biggrin:  Hier is altwee woorde selfstandige naamwoorde.

As "mos" ook in die plek van "inderdaad en immers" gebruik kan word, kan ek dit nie net as negatief beskou nie.  Ek sou sê, dit hang af van hoe die persoon jou aanspreek en op watter woorde hy die klem lê.    :dontknow:

Mos, 'n bywoord,  is 'n modaliteitswoord,* met die betekenis -  inderdaad (in der daad) in werklikheid, regtig, waarlik, immers, tog, trouens, soos jy weet, ens.

* Modaliteit - Wyse van voorstelling, byvoorbeeld as sekerheid, waarskynlikheid, bewering, vraag of bevel.

In die sin van die "ongeduld" wat deur die spreker uitgespreek word in die woordjie "mos", kan ek inderdaad insien dat die
aanhoorder daarvan,  'n steek kan ervaar.   Steek hom maar terug met die woordjie  "Juis!"    :laughing7:
Om te weet is om te verstaan.

Stof

Waar woorde, PM.  Die woord kan ook baie positeief wees.  Stof self is ook mos lief daarvoor om soms "mos" in bepaalde kontekste te gebruik.

Wie wil nog saamgesels?  Hier kan dit net lekker raak!  Mos?
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Naas

Toe ek klein was het ek in my pa se bad mos geval. Die wyn wat hy daarvan gemaak het het mos al te lekker gesmaak want ek het mos nie my doek aangehad nie en my wassertjie het ook mos nog nie lekker gewerk nie.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

bloubefoeterd

Lyk mos vir my of julle algar in die letterkunde spesialiseer. Ek leer baie. Wie sou nou ooit kon dink mens kan vir mos dissekteer.

PM

Dit is mos  heerlik om so met die skalpel taal te speel.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Dis ou Stof wat so slim is. Hy laat 'n man mos sy stof tot nadenke afstof voor hy stof in jou oe skop.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Het u dalk enige leesstof hieroor? 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :hello:

"Wie wil nog saamgesels?  Hier kan dit net lekker raak!  Mos?"

Myne lyk ook gewoonlik mos so half vraend, ter bevestiging.

Trapsoetjie


Julle is MOS nou besig om met my kop te smokkel.

:angel12:

PM

Ons sal mos nooit met jou kop smokkel nie?  Sal ons?   :bootyshake: 

Dis mos mosbolletjies en mosterd wat onweerstaanbaar is. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

#11
Skouerlees ek mos nou weer die storie oor 'n gas se skouer omdat hier mos weer niks anders is om te lees nie. Dis mos maar hoe dit gaan.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

En hier kom ek ook toe mos aan - nes vla na die maal. Het darem iets in die mandjie wat ek kan deel iewers waar iemand 'n lagpil nodig het.

Naas

Daar's Moos mos.  :icon_cheers: :hello2: :notworthy: :headbang: :icon_salut: :icon_salut:
As mens mos so in die leë gange praat kom die eggos mos terug mos... mos...mos...


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dit bly mos steeds lekker om so in die gange rond te dwaal en herinner te word aan al die mooie onderwerpe wat ons al bespsreek het. 
Om te weet is om te verstaan.