• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kinderopvoeding en die onderwyser.

Started by PM, August 10, 2015, 09:25:25 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Ons wil nie mislukte ouers wees nie en die pad wat ons kinders loop is direkte vingerwysing na ons graad van opvoeding. Hierdie stelling is van alle waarheid ontbloot maar ons klou vas aan die geloof en slaan onsself as die kinders iets verkeerd doen.
Ek voel dat ek my kinders volgens my norme, waardes en gepaartgaande reels groot gemaak het. Hulle is nou onder my hande uit en enige swak besluite aan hulle kant is hulle swak besluite. Ek is op pad graf toe en het geen verdere houvas op hulle nie.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Verseker 'n hoofletter AMEN op jou kommentaar Naas.

PM

'n Vak op skool sal wondere verrig:  Hoe om kinders op te voed!
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Sal nogal werk by meeste skole vandag. Die leerders kan sommer hul eie kinders saambring vir praktiese klasse.
Assie se Oupa se dis van al die vakke op skool wat daar so baie ouers is.  :dontknow:




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Oupa is waarlik 'n baie slim man!   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Marinda Kemp

Upington is nie vir sissies nie.

PM

Nou weet ek nie of ek met Assie se oupa moet saamstem nie.  Ek dink nie dit is vakke wat kinders maak nie, of isit?
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek le nie baie in my lewe nie maar gister sou ek dit maklik as 'n hoofvak kon benader en intens konsentreer om toe te pas. Dit hitte kry my onder ;-)

PM

Hier is dit ook warm, maar nie so warm as in Leeupoort nie.  Tog verkies ek die stilte en kalmte bo die lawaai. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

As Ouma en Oupa moes ons ons twee kleinkinders grootmaak, omdat pa te sleg was om 'n bydra te lewer in die opvoeding van sy kinders. My dogter het haar "ass" af gewerk om te sorg dat haar kinders se skoolgeld taxi geld van skool na nasorg en al die ekstras betaal moet word. Waar ma nie kon nie moes ons maar help.

'n Maand voor haar derde kind se geboorte verongeluk haar man (wat die twee kinders by my as sy eie aanvaar het, en die einde van daardie jaar na hulle toe sou vat) in 'n motorfiets ongeluk. Sy het toe nie die keuse om na ons toe te trek nie. En nou gaan ek skole se name noem.

Die kinders word in Laerskool Zeerust gesit. Die jongste seuntjie verander van 'n saggeaarde kind in 'n harde onmoontlike mens. Geen onderwyser of onderwyseres kon hom hanteer nie. Die ouer dogtertjie geniet net nie die skool nie. Die kinders druk haar uit omdat hulle "arm" is.

My dogter kry na twee jaar 'n ordentlike werk in Lichtenburg en die kinders word in Laerskool Burgersdorp geplaas. Twee gelukkige kinders Geen klagtes van onderwyser of onderwyseres nie. Die seuntjie is maar nog stoud, maar hulle hanteer dit sonder om vir ma by haar werk te pla elke tien minute. Ongelukkig die laaste kwartaal is hulle terug in Zeerust agv ma se werk. Wat gebeur? Die dogtertjie het geen maats omdat sy te arm is. Die jonger seuntjie is so stoud hy dryf die onderwysers die mure uit. Nou verstaan ek nie die storie so mooi nie. Is dit nou die kinders of is dit die onderwysers wat nie met die kinders kan werk nie.

By my huis (hulle bly by my tot einde Januarie) het ek nie 'nprobleem van 'n dag oud nie. Ja hulle is stoud soos ek en jy ook maar was. Maar ek kan hulle veral die seuntjie hanteer. Hoe nou? Ek is 'n streng Ouma en deel nie graag pak slae uit tensy dit uiters noodsaaklik is nie. Maar ek hanteer my kinders met my stemtoon. Wie doen nou waar fout?

Ans Botha

Ek wou nog byse ek hoop nie ek val uit die bus uit nie

Meraai vannie Baai

#27
Hierdie paadjie van help grootmaak aan kleinkinders het ons al dikwels gestap Ans. Haal my hoed af vir jou. Soos jy, is ek ook self baie streng maar gee ook liefde in ewe groot maat. As kinders deur soveel trauma moes wroeg, is dit te verstane dat met die verkeerde optrede van onderwysers (wat soms nie bewus is van wat tuis in die kind se lewe aangaan), petrol op die verwoestende vuur.

Meisiekind en ek het elke keer wat sy gedwing was om terug te trek met kaboutertjies, saam skooltoe gegaan om met elke onderwyser wat met ons hartspunte te doene gaan kry, in te lig oor die omstandighede en dank die Vader - hulle het verstaan en dissipline is nog steeds gehandhaaf sonder om die kinders se menswaardigheid nog 'n knou te gee. Vandag, na baie seer en moeilike aanpassings (soms binne drie maande van skole moes verwissel buite ons beheer) het hulle elkeen hulle eie plekkies oopgeskrop in die samelewing.

PM

#28
Ek lees darem nog 'n bietjie humor tussen die lyne Ans. 
Die beste  wat 'n mens kan doen is om met die betrokke skoolhoof te gaan praat en die probleem aan hom/haar te verduidelik.  As die kinders se onderwysers meer betrokke gemaak kan word sal dit dalk help. 
'n Voorstel wat ek kan maak is om te vra dat daar 'n "maatjie" vir elke kind aangewys  word om as helper te dien, ook om die leiding te neem en voorbeeld te stel. 
Die kinders is taamlik ontwrig en dalk kan dit help om te vra dat die skoolsielkundige ingeroep word. 
Sterkte vir julle. 

Ek stem ook saam met Raaitjie dat julle dalk elke onderwyser gaan spreek.  Elke bietjie kan help. 


Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Jou voorstel is puik PM! Dit is dan ook presies wat by ons gebeur het. Nou het die wiel gedraai en is ons jongste kabouter die ene wat 'spesiale maatjie' is vir kinders met gebreke. Hy is die ore, ogies en soms selfs stem vir hulle. By ons word kinders met gehoor/gesigsgebreke in gewone klasse geplaas.