• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Liewe maan

Started by PM, August 10, 2015, 09:10:13 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Hier waar  ek in my eensaamheid na jou lê en staar, 
gly my gedagtes langsaam langs die silwerbaan van jou laan,
dan vat ek saggies
aan die sagte plekkies
waar jy my verlange na hom roer
en die beelde en weelde van hoe dit in sy liefde voel
laat  rilling na rilling
langs my rugstring af glip en gly
om hier in my binneste te kom lê
en daar te bly.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek is/was nog nooit een vir soetsappige liefdesgedigte nie maar hierdie soort beskrywing streel my vrouwees en ek verstaan so goed!

Jeannedarc

Very very nice - and the moon is swollen with passion

PM

Dankie vir die komtaartjies.  Ek waardeer.   :love7:

Daar is so baie emosies wat ek aan 'n volmaan koppel.   :icon_biggrin:  Elke stant van die maan is mooi. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Baie mooi geskryf brrr dit doen net die ding.

Marinda Kemp

Upington is nie vir sissies nie.

PM

Marinda, ek lees Uppington is nie vir sissies nie.   :love7:
'n Vriendin van my bly in NZ en eendag gesels ons op Skype en sy vertel dat hulle nou daar by hulle volmaan het.  Toe seg ek maar niks maar ek glimlag nounog daaroor.
Om te weet is om te verstaan.