• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

KAASKOEK

Started by Naas, July 20, 2015, 12:32:16 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

KAASKOEK

Die basiese beskuitjiekors:

1 Pakkie (200 g) beskuitjiekrummels – [Marie of Tennis beskuitjies kan ook gebruik word]
2 Eetlepels suiker
100 g botter of margarien, gesmelt

Meng al die bestanddele goed saam en druk op die boom en effens teen die kante van 'n losboomkoekpan of 'n oondvaste tertbak uit.
Plaas dit in die yskas terwyl die vulsel gemaak word  of  bak vir 10min in 'n voorverhitte oond teen 180º.

Vulsel:

2 Houers (500 g) gladde roomkaas
2 Blikke gekondenseerde melk
¾ Koppie (180ml) vars suurlemoensap
2 Teelepels vanieljegeursel

Voorverhit oond tot 180º en bak kors vir 10min en laat dit dan afkoel.
Klop die roomkaas en die gekondenseerde melk saam tot romerig.
Voeg dan die suurlemoensap en vanieljegeursel by en meng goed.
Voeg die mengsel by die kors en laat vir sowat 3 ure in die yskas staan.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Anastasia

Jy kan met 'n kaaskoek my onder 'n koolblaar uitlok.  As ons met vakansie gaan, sample ek die kaaskoeke van hier tot by die bestemming, en weer terug.  Is my gunsteling van alle lekkernye.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Hehheehehehe ek sien jou onder die koolblaar uitkruip Anastasia. Ek gee op, verlei oor die kilo-afgronde gaan ek nou probeer om my gedagte besig te hou sodat my mond ophou kwyl.

PM

Om te weet is om te verstaan.