• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

SJOKOLADE KOEK

Started by Naas, July 20, 2015, 12:28:10 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

½ Koppie (125ml) kakao
1 Koppie (250ml) kookwater
1¾ Koppies (430ml) koekmeelblom
1½ Koppies (375 ml) suiker
3 Teelepels bakpoeier
1 Teelepel vanieljegeursel
4 Eiers, eiergele van eierwit geskei
½ Koppie (125ml) olie

Afronding

1 Blikkie caramel
Sjokolade versiersel van eie keuse


Meng die kakao en warm water totdat die kakao opgelos is.
Sif die meel, suiker en bakpoeier saam in 'n ander mengbak en maak 'n holte in die middle van die mengsel.
Voeg die kakaomengsel, vanieljegeursel, eiergele en olie saam in die meelmengsel en klop goed tot beslag glad is.
Klop die eierwitte tot dit stywe punte maak en vou by mengsel in.
Verdeel dan die besag in twee dele op en voeg in die twee laagkoekpanne wat klaar met botter en bakpapier uitgevoer is.
Bak vir 25-30 min of tot die toetspen skoon uitkom.
Laat afkoel en keer uit.
Versier dan tussen die lae met die caramel en bo-op met die sjokoladeversiersel.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Net wat die ouma nodig het vir my kabouters se laaste kuiertjie (vir eers)  :notworthy: :icon_salut: