• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Geen Belangstelling - Uitnodiging Gesluit...

Started by Angelica, July 18, 2015, 06:54:25 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

As gevolg van geen belangstelling, het ek besluit om myself te onttrek van Boek 3 - Resepteboek.  :crybaby2:
Het gehoop ons kon 'n heerlike boek saamstel met resepte uit kombuise van oor die land. En miskien ook uit Gatkant-land.
Het gedink aan Louis wat vir ons die seekos-afdeling kon doen en AB wat ons kon inlig watter wyne met watter geregte saamgaan.
Dit gaan nie realiseer nie.
En dit is jammer, want dit kon 'n pragboek word.
elle

Meraai vannie Baai

Oi dit jammerte maar ek verstaan dat jy dit nie alleen kan doen mater. Sterkte met jou eie bewaringsprojek van jou familie gunstelinge. Dit is alreeds vir ons wat hier lees, 'n heerlike saamkuier om die tafel.

Angelica

Ag, miskien is daar al 'n ooraanbod van resepteboeke in boekwinkels.  Ook in eie kombuise.
Nou gaan ek fokus op myne.  My dogter gaan die uitleg doen en ek het al 'materiaal' gaan uitsoek en beplan nou volstoom.
Dit gaan nie die konvensionele 'boek' wees nie.... 
Miskien sal ek foto's hier kom plaas.
Dankie vir jou belangstelling, Meraai.
elle

Meraai vannie Baai

Sebliefffffie kom plaas vir ons fotos. Ek wil saamlees en -kook  :hello2: :notworthy:

Marinda Kemp

Upington is nie vir sissies nie.

PM

Dalk skrik die ouens nou en kom plaas hulle reseppies uit mamma en ouma se kombuis.  Kom plaas joune ook in Koestergoed, asseblief Angelica. 
Raaitjie het 'n pragtige afdeling met haar "gatkantland-resepte".  Dalk kan jy 'n mooi naam kies vir jou eie afdeling dan skep ek dit vir jou. 
Om te weet is om te verstaan.