Die Afrikaanse Forum

Ons Publiseer Saam => Koestergoed vir boek 3 => Topic started by: Angelica on July 18, 2015, 05:54:25 AM

Title: Geen Belangstelling - Uitnodiging Gesluit...
Post by: Angelica on July 18, 2015, 05:54:25 AM
As gevolg van geen belangstelling, het ek besluit om myself te onttrek van Boek 3 - Resepteboek.  :crybaby2:
Het gehoop ons kon 'n heerlike boek saamstel met resepte uit kombuise van oor die land. En miskien ook uit Gatkant-land.
Het gedink aan Louis wat vir ons die seekos-afdeling kon doen en AB wat ons kon inlig watter wyne met watter geregte saamgaan.
Dit gaan nie realiseer nie.
En dit is jammer, want dit kon 'n pragboek word.
Title: Re: Geen Belangstelling - Uitnodiging Gesluit...
Post by: Meraai vannie Baai on July 19, 2015, 09:51:05 AM
Oi dit jammerte maar ek verstaan dat jy dit nie alleen kan doen mater. Sterkte met jou eie bewaringsprojek van jou familie gunstelinge. Dit is alreeds vir ons wat hier lees, 'n heerlike saamkuier om die tafel.
Title: Re: Geen Belangstelling - Uitnodiging Gesluit...
Post by: Angelica on July 19, 2015, 02:23:43 PM
Ag, miskien is daar al 'n ooraanbod van resepteboeke in boekwinkels.  Ook in eie kombuise.
Nou gaan ek fokus op myne.  My dogter gaan die uitleg doen en ek het al 'materiaal' gaan uitsoek en beplan nou volstoom.
Dit gaan nie die konvensionele 'boek' wees nie.... 
Miskien sal ek foto's hier kom plaas.
Dankie vir jou belangstelling, Meraai.
Title: Re: Geen Belangstelling - Uitnodiging Gesluit...
Post by: Meraai vannie Baai on July 20, 2015, 12:53:11 AM
Sebliefffffie kom plaas vir ons fotos. Ek wil saamlees en -kook  :hello2: :notworthy:
Title: Re: Geen Belangstelling - Uitnodiging Gesluit...
Post by: Marinda Kemp on December 10, 2015, 01:52:15 PM
Ek wil ook sien asseblief
Title: Re: Geen Belangstelling - Uitnodiging Gesluit...
Post by: PM on December 11, 2015, 09:17:21 AM
Dalk skrik die ouens nou en kom plaas hulle reseppies uit mamma en ouma se kombuis.  Kom plaas joune ook in Koestergoed, asseblief Angelica. 
Raaitjie het 'n pragtige afdeling met haar "gatkantland-resepte".  Dalk kan jy 'n mooi naam kies vir jou eie afdeling dan skep ek dit vir jou.