• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Soos Dryfhout..

Started by Angelica, July 15, 2015, 07:41:21 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Soos Dryfhout
Deur Aquarius op Woes - 01/08/2009

soos die eensame meeu wat
hang
op die windstroom
gilskree ek na die hemele
na God
wat my uit stof gemaak
en toe vergeet het
die hemele vanwaar niks neerdaal nie

'n dryfhoutjie
vaal
deur die weer verweer
wit, gladgeskuur
uitgespoel teen die oewer
alleen
in die felle son
++++

Die Engelse weergawe kongelees word op Mabooki - deur Angelica
elle

Meraai vannie Baai

Ek lief hoe jy ons slim, laat stil staan om die beelde wat jou enkelwoorde in die verse skets, in te neem. Elkeen vertel 'n hele verhaal. Ek sien jou hang, vaal en alleen  terwyl jy Hulp soek :notworthy: :icon_salut:

Angelica

Dankie Meraai.
Ek was hoogs (of is dit dieps?) depressed daardie tyd.
elle

Meraai vannie Baai

Soms verklap ons woorddisse deur watter lewensdieet ons geworstel het. Ander kere laat gebeure om ons die penne versgewys griffel.  Saak nie maak of dit ons eie wroeginge is of nie, dit bly 'n wonderlike uitlaatklep. Viva die ABC  :notworthy:

Meraai vannie Baai


PM

Dit is 'n pragtige stukkie skryfwerk. 
Ek sou graag die Ingilse een ook wou lees.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.