Author Topic: Die mooi kant  (Read 1800 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Elsabe Oosthuizen

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 52
Die mooi kant
« on: July 13, 2015, 01:55:10 PM »
Langs die pad .....
waar berge gister se storie vertel
aalwyne vuur in die son vertoon
die oggendou vrygewig verloën

Langs die pad .....
waar poppelierbome in gelit
naby die spruit
hul dorstigheid verdrink

Langs die pad .....
kom wintersonnetjie
saggies oor die aarde streel
die wind in ysige vingers fluister

Langs die pad .....
lê herfsblare
in grondgedagtekleur
gelate oor die landskap
die lelik se mooi kant
om jou op te beur

Langs die pad .....
waar die môre se lente
nuwe lewe   
net oor die bultjie vir jou sal gee


Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Die mooi kant
« Reply #1 on: July 13, 2015, 04:07:27 PM »
Hierdie is pragtige positiewe woorde wat jy aanmekaar gestring het om so lieflike gedig te ryg.  Ek het dit geniet, die gedig lees so lig en vrolik.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Die mooi kant
« Reply #2 on: July 13, 2015, 06:39:29 PM »
Baie mooi..
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3663
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die mooi kant
« Reply #3 on: July 13, 2015, 10:48:42 PM »
Lief lief die gestringde sinne (pragtige uitdrukking Anastasia) waarmee Elle vir ons die rustigheid van die toneel weergee. Hierdie ene smeek vir hardop voorlees. Ek sal enige tyd my stoeltjie nadersleep en vra vir nog!