Author Topic: Tsitsikamma-ervaring  (Read 3634 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Tsitsikamma-ervaring
« on: June 20, 2011, 12:48:33 PM »
Tsitsikamma se oceanettes is werklik net “nests”.   Agt tree lank en tien tree breed.  Kombuis, (enkel wasbakkie, yskas en stoof) sitkamer, (bank teen die dubbelbed se voetenent) eetkamer, (‘n bedieningstoonbankie met ‘n mikrogolf op en drie kroegstoeltjies) alles in een.  (Dit is nou oopplan in al sy glorie.)  Wanneer jy van gedagte wil verander moet jy dit op die stoep gaan doen.  Daar is net nie genoeg plek in die “huis” nie.

Ons het die plekkie in 1986 ontdek en sedertdien, elke geleetheid aangegryp om hier te kom kuier vir ‘n paar dae.  Hier waar die see op sy diepste is en  sy mag met groot respek afdwing.  Hier waar jy net een kan wees met die natuur,  waar niks ooit opwindends gebeur nie.  Net die rustige geklots van die golwe en die branders wat gedurigdeur dieselfde deuntjie oor en oor sing, of met tye tot agt meter hoog kan stoot en soos kanonskote klink as dit omval.  Waar die wind die skuim kom opraap en dit soos wit albatrosse deur die lug jaag. 
 
Dit was negeuur in die oggend.  Ek sien die stoeplig brand nog, stap in die kombuisie in om dit teen die muur by die deur af te skakel.  ‘n Geluid agter my laat my niksvermoedend omkyk.  In plaas van om my man wat nog enkele sekondes gelede gelê en slaap het  daar te sien, sit daar ‘n groot bobbejaanmannetjie op ‘n kroegstoeltjie voor die toonbank, vier tree van my af.
Ek hoor ‘n vrou onaards op die indringer gil en besef met eens,  dit is my eie stem wat vanself sulke geluide maak en my eie bene wat sommer op die gedierte afstorm. 
Kees se kind is seker gewoond aan sulke optrede.  Blitsvinnig gryp hy die naaste plastiekbak met kos in,  woerts uit by die deur, om agt meter verder, koggellend op die stoepmuurtjie te land.  Hy kyk my mooi in die oë en ek kry die boodskap:  “Jy is te stadig vir my!” en woerts glip hy met bak en al oor die muur om twee verdiepings laer, op die gras, die inhoud van die bak, rustig, gewetenloos, te sit en verorber. 
My brein probeer nog om die gebeure te verwerk, van bobbejaangesig in die plek van manlief s’n, hoe vinnig dit gebeur het, hoe onverhoeds ek betrap is,  en onbeheersd begin my lag in my keel opstoot.  Wat is dit tog met my lyf wat vanoggend so vanself funksioneer, dit is niks om oor te lag nie.  Langs my staan manlief,  vervaard geskrik, fel uit sy oggendslapie geruk.  Dit was ‘n meneer van ‘n bobbejaanmannetjie vertel ek.  Hy het hom gesien, sê hy en hy vat my bewende hand in syne en sê:  “Hê-hê, ek was geskok om te sien hoe jy deur die nag verander het!” 

(463 woorde)
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Tsitsikamma-ervaring
« Reply #1 on: June 20, 2011, 01:06:39 PM »
o GonnatjiePiet....daai goed is gevaarlik as hulle wil wees. Jy het mos al die storie gehoor van myse beterhelfde. Eish hy is mooi op 'n prentjie maar nie mooi as hy tussen veiligheid staan nie...hoop jy het dadelik 'n rooi koeldrankie gedrink vir die skok, vriendin. Eish!

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tsitsikamma-ervaring
« Reply #2 on: June 20, 2011, 01:11:40 PM »
Eish!  Hannes moes 'n halwe bottel whiskey nader sleep om my weer "by" te kry!   :sign10:

Vertel die storie van jouse beterhelfte!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Tsitsikamma-ervaring
« Reply #3 on: June 21, 2011, 02:52:15 PM »
 :hello:

'n Groot skrik baie kostelik vertel. :-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tsitsikamma-ervaring
« Reply #4 on: June 21, 2011, 05:55:55 PM »
Dankie Fransi,  ons het nog baie las gehad van meneer bobbejaan, maar hy het darem die saai 'n bietjie verlig.  Die bobbejane se optrede is eintlik maar net 'n produk van onkundige mense wat hulle voer en nie besef wat die nagevolge vir die diere is nie.  Die Parkeraad het nou besluit dat hy 'n gevaar vir die gaste inhou en moet vankant gemaak word.  Dit is so hartseer!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Tsitsikamma-ervaring
« Reply #5 on: June 22, 2011, 07:36:27 AM »
 :hello:

Sjoe, dit is besonder jammer.

Soms tree ons mense regtig op sonder om na te dink en dit is dan nie altyd ons wat daaronder ly nie.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Tsitsikamma-ervaring
« Reply #6 on: June 22, 2011, 08:17:06 AM »
ja ek glo idt was 'n groot skrik en mr bojaan het seker nie nie eers vir jou gegil geskrik nie, dalk vir jou gesig?
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tsitsikamma-ervaring
« Reply #7 on: June 23, 2011, 07:53:58 AM »
O hallie ha!   :sign10:  Wat jy sê Lox, is as ek nie met my rug na hom toe gestaan het nie sou hy dit nie eers gewaag het om in te kom nie!   :sign10:   

Ja kyk,  ons het nie las van muise en rotte nie,  ons sit net 'n foto van my op die meelblik dan hou hulle sommer vanself verby!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Tsitsikamma-ervaring
« Reply #8 on: June 24, 2011, 07:56:28 PM »
   :toothy4:  ek lag nie vir jou skrik nie, vriendin, maar jou woorde skep daai prentjie so lewendig, die giggel borrel oor en ek kan net sien hoe jou gesig moes lyk by manlief se woorde...

ons bundel moet 'n afdeling vir hierdie humor ook kry, hoor.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tsitsikamma-ervaring
« Reply #9 on: June 25, 2011, 08:27:21 AM »
Jy praat matertjie.   :icon_biggrin:  Hannes het nou nog 'n vonkel in sy oog as hy vir my kyk!  Weet nou nie of hy wens ek was so mooi soos bobjaan se kind nie!    :sign10: 

Die volgende dag sit ek op die stoep in die hoekie,  weggekruip vir die koue wind,  ook die enigste plek waar ek kon opvangs kry.  In my rekenaar se skerm sien ek hierdie beeld van Kees,  loer oor die dak, sy bakkies amper teen myne en daar kom daai stem weer!   :sign10:  Parmantig die mannetjie!  Ek swaai my arms soos 'n windmeul maar Kees steur hom nie daaraan nie.  Spring ek daar op en die enigste "wapen" wat ek het,  is my baadjie!  Toe ek weer sien,  het hierdie lyf sommer self daardie baadjie uitgetrek en slaat wild na Kees.  Gelukkig het Hannes die gegil gehoor en hy storm toe nader met 'n stoel,  toe skrik Kees!   :icon_biggrin:

Die ergste was daardie middag toe een van die ander inwonders se klein seuntjie, seker so drie jaar oud,  met 'n pakkie skyfies in die hand, buite op die gras staan.  Uit die bloute is Kees net bokant hom op die dak.  Toe gil ek dat die kranse antwoord gee.  Die kind se pa het hom net-net voor die bobbejaan opgeraap! 
Om te weet is om te verstaan.