• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Oe, PM, ek wil ook 'n plekkie he

Started by Anastasia, June 17, 2015, 01:09:03 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Anastasia

Soos Liewe Heksie van ouds gese het vir Blommie, se ek en vra ek asseblief vir PM.  Kan ek ook 'n plekkie kry?  Daar waar almal plekkies het?  Dankie by voorbaat. :notworthy: :notworthy:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Naas

Ek het geprobeer om vir jou 'n plekkie te skep maar ons sal maar die forummoeder moet vra om dit te doen. Ek ly ongelukkig aan Alzheimers light en het totaal vergeet waffer knoppies om te tikkel tokkel.

:hello2: PEEEEE  EEEEEEEEEEM!!!! Waar's jy? Ons soek hulp!!!!!



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Hoor ek hoe roep julle hier van diekant van die aardbol af  :icon_biggrin: Laat ek net keelskoonmaak dan roep ek saam. PPPPPPPPPPPPPEEEEE EMMMMMMMM!!!

Anastasia

Ag wat, is nou ook nie so saak van dringendheid nie.  Dankie vir julle pogings.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Naas

Ek sal vir PM 'n selfoonbriefie gooi.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek het al skuuuuuusie gesê, maar ek doen weer.  Ek weet nie waar was my gedagtes nie.  Ek het vir jou 'n plekkie geskep sustertjie, heel onder.  Elke nuwe skrywer kry onder 'n  plekkie.

Ek het ook hulp nodig.  Wat dink julle daarvan dat ek al die leë plekkies wegneem.  As een van hulle later iets wil plaas kan ek mos maar nuwe plekkies skep? :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

(klappie handjies)  Baie dankie PM!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

PM

Groot plesier.  Ek is bly jy het dit so gou opgespoor.   :icon_cheers:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dink dit kan werk as jy die onaktiewe erwe eers van die mark afhaal  :icon_biggrin: verbeel my ek het vanaand al ergens gebedel weer vir ook 'n plekkie  :angel4:

Naas

Dis reg so PM. As mense nie die plekkies wil gebruik nie is die plekkies onnodig. Almal wat hier maats is wil nie noodwendig dig of skryf nie. sommige geniet net die saamlees wat ook goed is.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dankie vir julle inset.  Sodra ek opvangs het (as ek klaar gekuier het) doen ek so.

Haai Raaitjie, ek sal gou gaan kyk wat van jou plekkie geword het. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Guest   10:17:37 AM   Printing the topic "Oe, PM, ek wil ook 'n plekkie he".

Ek verwonder my... hoekom sal 'n spookgas hierdie wil druk????