Author Topic: Vlug van die blou voel  (Read 1125 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Vlug van die blou voel
« on: June 14, 2015, 09:08:18 AM »
geluidloos, vlerk gesprei,
op die wieke van lugstrome,
wat kom van vêr,
en wat gaan na wie weet waar.

jou kurwes is skakerings van blou,
as ek gelukkig is, sien ek jou,
daar waar jy, in eensame vlug
in die lugruim hang.

tyd is ewigdurend, onbeperk
in jou soeke na net jy weet wat ...
na jou lewensmaat,
of dalkies wagtend op daardie skarrelende prooi

Jeanne D'Arc

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vlug van die blou voel
« Reply #1 on: June 16, 2015, 11:56:24 AM »
'n Gevoel van rustigheid deurweef jou skrywe. Baie mooi.
Om te weet is om te verstaan.