• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kom plaas julle resepte hier.

Started by PM, June 10, 2015, 10:26:33 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek het hierdie afdeling geskep vir Familiegunstelingresepte.  Indien jy 'n resep het wat jy uit jou kinderdae saamsleep, kan jy dit hier kom plaas.  Vertel die storie
Angelica is die moderator.  Sy sal kom uitspel hoe sy wat gedoen wil hê.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#1
Gepraat van familiegunstelinge - sal gaan kersopsteek by moederlief as ek weer Suid Afrika toe bel. Ek weet wat nie 'n gunsteling was in die pandok nie  :icon_bigsmurf: Niemand wou die oggend ontbyt eet nie alhoewel my gesin lief is vir mieliepap en eiers!  :dontknow:


PM

Ek sou so dink ja!   :toothy4:  Weet jy dalk wat nou van Angelica geword het?  Sy het haar dalk flou geskrik.  :icon_biggrin:

Ek wou nog seg hoe mooi jou fototjies is.  Baie dankie.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dankie vir kompliment  :notworthy: en ekke mis Elle ook elke keer. Dink die koue vang haar  :icon_biggrin:

PM

Ek sal probeer om haar te skakel of het iemand toegang tot haar FB?

Hier lui die klok ook nou vir my.  Ek moet weet as ek twee minute sit en wag om te "reply" dan het my tyd uitgeloop vir die dag.  :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek het elke dag kontak met haar op FB. Sal more so bietjie klip in die bos vir jou gooi.

Anastasia

#6
'n Gunsteling dis van my is Griekse Pastitsio, dit is 'n pasta gereg.  Dis altyd 'n wenner, veral as ek baie mense voor kos moet gee. 
En mens kan dit vooraf maak, en in die yskas bere en net voor die gaste kom dit in die oond steek.

Bestandele:
Een pak pasta van jou keuse, ek is lief vir skroewe noedels of macaroni elmbogies
Olyfolie
2 Gekapte uie
Knoffel na smaak
1 Blik heelpitmielies
1 Blik tamatie en uie smoor
1 Blikkie Tamatiepasta
Ongeveer 10 repies spek
Ongeveer 500g maalvleis
2 Koppies gerasperde kaas
4 Eiers
Halwe koppie melk
Gesnyde sampioene afhangend van smaak (dit kan uitgelaat word)
1 Eetlepel suiker
Sowat 3 eetlepels chutney
Sowat 1 eetlepel worcestershire sous
Sowat 1 eetlepel asyn

Metode:

Verhit die oond na 180 grade
Kook die pasta in sout en bietjie olie tot nie te sag, dit moet nog stywerig wees
Dreineer die pasta van die water

Verhit olyfolie (ongeveer 2 eetlepels) in 'n pan of pot
Voeg die uie en knoffel by.
Voeg die eetlepel suiker by, maak dit toe en laat dit stadig karameliseer tot effe bruin
Voeg die spek in blokkies gesny by, en braai tot goed gaar
Voeg die maalvleis by en roer voortduerend met 'n vurk sodat dit nie klonte maak nie
Voeg jou geurmiddels by - myne = sout, witpeper, swartpeper, Knorr aromat chille, Italian herb mix

Voeg nou die gedreineerde pitmielies by en laat dit saamgesels vir paar minute.
Roer ondertussen die Worscestershire sous, Chutney, Asyn by
Voeg die tamatie/uie en tamatie pasta by
Voeg jou geurmiddels by
Laat alles nou 'trou' in die pot vir so 20 minute op lae hitte.
Dit moet nie souserig wees nie, net lekker dik sousie.

Pak in 'n oondpan 'n laag pasta, gevolg deur die hele vleismengsel, en weer afgerond met 'n laag pasta.
Klits die eiers en melk saam en gooi dit egalig oor die hele pasta gereg
Strooi die gerasperde kaas egalig oor die gereg
Sprinkel nog so bietjie Italian Herb mengsel en selfs baie baie min rooipeper bo oor vir kleur

Bak in oond (180 grade) tot 'n goudbruin kleur bo op

Sit voor met 'n lekker Griekse slaai met baie Feta kaas en olywe.

Hierdie resep is 'n familie resep, my pa was mos Grieks
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Klink heerlik! Dankie ook vir die deel by ons Gatkantlandse reseptehoekie hoor  :notworthy:

Angelica

 :wave:
Hallo, hallo...
En wat sien ek hier?  'n Resepteboek? 
Ek's in.
elle

Meraai vannie Baai

Jy het dit dan voorgestel dierbare matertjie  :toothy4: ek sal help met die toetskombuis om te proe  :hello2:

Angelica

Right.  Waar begin ons? 
Het elkeen weer sy eie plekkie of gooi ons ons groceries bymekaar?
Ek sou graag my eie plek wil he, soos Boek 1 en 2, sodat ek my Ma se oer-resepte vir ons gesin bymekaar kan kry.  Sy is nou 92jr en ek wil graag vir elke kind herinneringe rondom die kombuis en Ma se kossies wil bymekaar sit.

Laat weet.
elle

Angelica

Ek weet nog nie..
PM, sal Boek 3 - Resepteboek - dieselfde vorm aanneem as Boek 1 & 2 ???
elle

Naas

Kaggelvuur en Koeksisters hier kom ons.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Angelica

Dankie Naas...
As dit nie gaan realiseer, wil ek dit self doen.
elle

PM

Ha-ha, wat van kerslig en koeksisters  :toothy4:

Ons kan dit in dieselfde formaat as die vorige boeke doen.  Skree maar net hoe julle dit wil hê.
Om te weet is om te verstaan.