Gisteraand het die tranewal weer oorgeloop ...
Julle weet mos ek bly alleen tussen al die ander werkers hier langs die oord en hierdie week kuier skoondogter en twee kleingoed hier. Maar Anton, die wag by die hek het nie geweet hulle kuier hier nie; hy was nie Maandag aan diens toe hulle my by die kantoor kom groet en sleutels kry het nie. Die kollegas weet seker ek sukkel soms om deur die alleenlewe te worstel, maar wys nooit iets daarvan nie. Hy noem my 'Ouma'
Wel, gisteraand net na donker, moet hy die hek sluit en huistoe gaan, maar ons beurt-sonder-krag was daardie tyd net-net verby. Anton bel my om iets te reël en hy hoor JC roep na my en vra wie is dit. Ek sê dis JC wat hier kuier. Hy vra van wanneer af en ek sê Maandag al. Ontsteld vra hy my dan wie kyk na hom by die huis. Eers terg ek dat ek hom alleen los maar vertel toe dat Carlien en babasussie ook hier is.
Hy antwoord ... Dis goed ouma, want nou is jy paar dae nie so alleen nie ...
sy woorde het my so onkant gevang