• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Skolliestempel

Started by Naas, April 19, 2015, 09:30:58 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Wie van julle onthou die woord 'skolliestempel?'



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek onthou net die woord skollie as beskrywing vir 'n gomtor, vertel sebliefie meer Naas.

Naas

#2
Dit was my oupa se woord vir 'n tattoo. "Ek hou nie van daai man nie want sy arm is vol skolliestempels.
Daai daardie dae was tatoo's nie so aanvaarbaar nie.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

So van pas! Self glad nie 'n fan van die wandelende botteltjies ink nie  :icon_biggrin:

Angelica

 :toothy4:
En ek wil so 'n stempeltjie op my enkel he...  maar die mense se ek het te veel spat-are. Glo 'n groot risiko...   :dontknow:

:laughing4:
elle

Fransi

Ja, hierdie kunstenaar hou ook van die idee dat haar lyf eintlik 'n skilderdoek is. :-) Ek het enetjie wat beide feetjie en meermin is. Een is egter genoeg vir my.

Skolliestempels.  :icon_biggrin:

PM

Ek het ook tatoos.  Tat 1 en tat 2.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hiehiehie, my tat one and two is besig met selfmoord - hulle hang  :icon_bigsmurf:

Anastasia

My man se altyd van die klomp wat so baie tattoos het:  Hulle is met 'n nat koerant gemoker!  Hie hie
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Naas

#9
Van tat 1 en tat 2 gepraat, my skoonma het gaan bungee spring maar kon agterna nie veel daarvan onthou nie. Haar tatte het haar lights out geslaan.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai


PM

As ek reg kan onthou het Anastasia jare gelede, 'n ding geplaas van dit gang oor dat en die einde van die storie was "dit hang oor my pantoffels".  Wie kan dit onthou?
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Dit kon dalk ek ook gewees het.
Haar ken hang op haar keel.
Haar keel hang oor haar borste.
Haar borste hang oor haar maag
Haar maag hang ook oor iets
Haar iets hang oor haar kniee.
Haar kniee hang oor haar enkels
Haar enkels sleep oppie ground.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Anastasia

Ek kan nie die een van hang oor die pantoffels onthou nie, maar die een van Naas is vrek snaaks.  Wat ek wel geplaas het is dat die girl laat 'n tatto opsit op haar bors van 'n skoenlapper en na baie jare word dit 'n vlermuis!   :bunny:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

PM

Dankie Naas!
Ek onthou nou daai een van die skoenlapper/vlermuis.   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.