• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Amperse Focaccia...

Started by Angelica, April 11, 2015, 09:24:07 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Ek is bietjie af van Carbs en Suiker... 
Maar 'n broodjie uit die oondjie is nooit verby te laat gaan nie.  Of hoe?
Ek is nie 'n goeie bakker of skinker nie... :evil6:.... maar ek kan darem 'n sakkie deeg koop en in die oond gooi.  BTW, die kokkerotte het gevlug toe ek die oond aanskakel.

Amperse Focaccia
Sakkie brooddeeg wat jy in 'n plaat plat gedruk het.  Spuit of smeer net eers daai plaat.  Hou in gedagte dat dit nog weer gaan rys. 
Smeer sommer 'n klomp pesto oor. Enige pesto. Ek hou van daai groen pesto.
Halveer tamatietjies en pak bo-op. Gooi origanum oor. En sout en vars gemaalde peper en gooi in die oond.

Julle sal weet hoe warm die oond moet wees en vir hoe lank dit daar binne moet wees.

Te lekker.  Met sop ja, met sop.
elle

Angelica

Sal soek vir 'n lekker sop resep uit Ma se hand geskrewe boeke uit die jare toet.
Wat sal dit wees?   :dontknow:
Dalk groente.  Ertjie?  Groente besluit ek op. Ertjie-sop kort croutons en spekkies.
elle

PM

Ertjiesop of boontjiesop.  Manne, dit is njammies.  Nou gaan ek sop kook en brood bak!
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Geniet.  En kry 'n tweede skeppie.
elle

Angelica

Vir sop het jy altyd 'n lekker tuisgemaakte aftreksel nodig.
Moenie net skoon water gebruik nie.  Dan is die sop vaal.
Sondag se hoenderkarkas is net die ding.  Gooi in die pot en kook lekker sag met 'n bietjie dit en 'n bietjie dat... :icon_scratch:  Of maak soos ek, gaan koop klaar stock in 'n boksie by Woolies.
Vir Ertjie-sop moet jy 'n groot pak gevriesde ertjies of as jy 'n ertjie-land het, omtrent 'n kg. Kook tot sag en maak fyn. Haal die doppe uit.  Druk sommer deur 'n sif.
Gooi die ertjie-pulp en die stock in 'n pot en kook en kook en as jy wil kan jy sommer 'n knoffeltjie insit. Ek hou verby. Gooi sout in en vars gemaalde swart peper.
Wat nog?   :dontknow:
O ja,  spek.  Gooi spekkie-blokkies in as jy varkspek in die vrieskas het.  Braai eers uit. Kook.  As dit te dik is na jou smaak, gooi nog stock in.
Sit baie warm voor in groot bekers   :coffee2:   met geroosterde bacon. En daai focaccia soos hier onder.

Dis hoeka amper Winter in die Kaap.

elle

Meraai vannie Baai

Lig myse hoed en knak 'n knieg terwyl ek onverskoning vra vir die nare gekraak heheeh - daai platbroodjie van jou met sop gaan ons met die verlof beslis probeer.

Angelica

Daars hy.
Aftreksel is die basis van jou sop.
As jy aftreksel het, kan jy omtrent enige sop maak: Aartappel, Mielie, Geblikte tamaties. Roer sommer room ook in. Ryk en lekker.
Dan is daar natuurlik Boonjie-sop.
Met boontjie-sop kook ek eers my vleis tot baie sag en bruin hom met lekker spices en dinge.  En dan gooi ek geblikte boontjies in wat ek eers bietjie fyn gemaak het. Nie fyn-fyn nie, net plat gedruk.
En kook daai pot stadig tot die storie binne-in grom van lekkerte.
Persoonlik hou ek van groot murgbene by wat apart gekook is. Anders val die murg uit en jy soek rond in die pot vir die murg.
Skep die murgbene bo-op die sop in die bord.  Of sit voor apart met 'n lepeltjie en brood om die vetterigheid op te vee.
Daarna suig jy maar die been tot hy droog is. Al die lekkerte uit hom uit.
Wagter kan van die vleis kry..
elle

Meraai vannie Baai

Ek geniet jou kooklesse in hoofletters  :toothy4: Jou resepteboek vir die nageslag gaan een merkse treffer wees  :hello2:

Angelica

Dankie Meraai.
Julle moet 'n lekker vakansie in die wielietjieshuisie he.
XX
elle

Meraai vannie Baai

Ons doet so voort mater, altyd 'n vreugde om so te toer. Hierdie keer het ons die ongelooflike voorreg om my tannie aan moederskant na 18 lange jare weer te sien. Hulle gaan ons halfpad ontmoet by een die van die kusdorpies waar ons die wieletjieshuis gaan trek vir so paar dae. Moet myself knyp om te glo dat sy in dieselfde land as ons is, wat nog te se, kom kuier en vleisie op die kole gooi!

Angelica

Klink woeste lekker.
Is julle nie naby die erge storms doer onner nie?
elle

Assie

Ek glimlag maar net as ek hier lees van die lekker boontjiesop en die storms doer onder.

:mumum:

Meraai vannie Baai

Eish! Hierdie jaar is die weer bedons. Hael en wind wat skrik vir niks. Genadiglik het ons so lawwe klein bergreeksie wat die aankomende storms in twee deel en dan omvou hulle ons cowboydorpie en soos met die oog van 'n orkaan, val hier net tien druppels, tien milimeter uitmekaar  :icon_biggrin:

Assie

Maar Ta Raaitjie ek vermoed die boontjiesop veroorsaak die storms doer onner.

:mumum:

Meraai vannie Baai

Wraggies! Nooit so daaraan gedink nie. As julle dalk daardie kant van die aardbol so magtige dreuning hoor dan is my koolsop diekant seker die sondebok Assie  :icon_biggrin: