• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Spoke se verhaal

Started by Naas, April 02, 2015, 12:53:39 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Ek het hierdie woorde van Koos Ras se liedjie "spoke" aangepas en erens geplaas. Ek sien iemand het dit syne gemaak op "spookhuis" Die koortjies is aangepas en die laaste vers het ek bygeskrywe en was nie deel van die oorspronklike liedjie nie. Ek dink PM het dit nog op 'n CD waar ek dit in haar voorkamer gesing het. Ongelukkig staan my stem tussen my en 'n sangloopbaan. Hulle se ek het die looks en die personality maar my stem is nie goed genoeg nie.

Daar oorkant die rivier
Langs die kerkhof muur
Brand daar in die nag
'n spokevuur.
Hul gesels politiek
en hul hou bietjie kerk
Die een wys die ander
hoe sy werwels werk

KOOR
Dis nie myne nie dis nie joune nie
dis 'n ander man se spokies wat jy om stry (2)

Of spoke verlief raak
dit weet ek nie
Die een gaan sit
op die ander een se knie.
Met 'n benerige arm
om 'n werwelnek
en 'n soentjie klap
op 'n geraamte bek

KOOR
Dis nie myne nie dis nie joune nie
dis 'n ander man se spokies wat jy om stry (2)

Vanaand gaan die spokies
bruilof hou
Piet Kopbeen gaan
Met Sannie Afnek trou
Met 'n geklap van bene
begin die dans
en elke spokie
die vat sy kans

KOOR
Dis nie myne nie dis nie joune nie
dis 'n ander man se spokies wat jy om stry (2)

Hulle ruk
en hulle rol
en hulle
tiekiedraai
so nou en dan
sien jy net bene waai
hulle eet hulle amper
byna dood
aan doodskispap
en wurmbrood.

KOOR
Dis nie myne nie dis nie joune nie
dis 'n ander man se spokies wat jy om stry (2)

(My toevoegsel)
Nou is die tweetjies
klaar getrou
hulle gaan nou
honeymoon hou
ses voet af
in 'n splinternuwe graf
Gaan die tweetjies
op en af

KOOR
Dis nie myne nie dis nie joune nie
dis 'n ander man se kind wat jy om stry (2)



Ek is maar net een, maar ek ís een.

adele

adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Swerkater van 'n woorddief (ek is regtig egtig onskuldig hier!!) Naas ek het my verkrukkel. My skouers ruk soos die pasgetroude spoke ook op en af, op en af  :icon_biggrin:

PM

Naas, hoekom dink ek dit is op 'n CD wat ons van Ouma Naas se liedjies gemaak het?  Jy het mos 'n kopie daarvan.  Met ons getrekery na Leeupoort is alles nog sleg deurmekaar. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Dit is. Maar alhoewel ek nie trek nie is my huis nog meer deurmekaar as joune. Maar moenie jou komkommer nie, ek is so kalm soos 'n daggawalm oor die aangeleentheid.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek het nou die dag op 'n pakkie saad afgekom.  Nou wag ek net dat ons die stukkie grond tussen die huis en die houthuisie toespan, dan gaan ek dit plant.  Hier loop die bokke en ander diere tussen die huise deur.  Ek wil nou nie hê hulle moet al my kalmte opvreet nie.
Wanneer kom jy kuier?
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Waar is hier nou?
Ek sal sommer more in die kar spring as dit nie was dat ek moet werk nie. Ek gaan weer met jou hieroor gesels.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Jy moes al verlede jaar kom kuier het, toe ploeter ons mos NZ toe.  Ons wag vir jou.
Om te weet is om te verstaan.