• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Koekemakranka

Started by Naas, March 31, 2015, 12:12:11 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Ek hoor nog hoe my ma vloek as iets skielik gebeur. Maar wanneer iets haar verbaas was die reaksie: "O koekemakranka!"
Wonder ek nou wat de duiwel is koekemakranka. Gaan lees op Google.
Dis 'n plant wat wild op die kaapse vlakte groei en soos aarbeie smaak. Ongelukkig is dit deesdae baie skaars en naby aan uitwissing.
Wonder hoeveel wonderlike goed ons nog agv die mens se natuur gaan verloor?


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Toe ek jou plasing raaklees, het ek dadelik die woord onthou en gaan grawe na waar ek toeka se dae dit gaan bewaar het in die woordskuur Naas.
Dankie baie baie vir jou plasing, so wonderlik om jou weer te sien dwaal tussen die lyne!

Koekemakranka
Goed vir die kranke
Vleibrand
Voël Fisant...

Hierdie is blykbaar een van die rympies wat die oumense gebruik het om die boererate meer toe(gif)geeflik te maak vir die pasient. Die Hollandse setlaars het geglo dat die vrugte voordelig vir jou maag was. Hulle het koekemakranka-vrugte by brandewyn gevoeg en dit gebruik as lekker medisyne wat hulle "koekemakrankabrandewyn" genoem het.

Naas

Ek het dit ook so. Maar mens kry nie meer die vrugte nie dis seker hoekom ons so siek raak van die skoon brandewyn. My ouma het weer boegoe saam met die brandewyn getrek en dit vir medesyne gebruik. (Ek dink dis hoekom sy so gereeld kopseer gekry het... sodat sy haarself kan dokter.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.