Author Topic: Kunsprojek met servette  (Read 4443 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Kunsprojek met servette
« on: March 24, 2015, 02:20:55 AM »
Ek het pragtige servette uit Suid Afrika by my skoondogter Marina gekry.
Wou dit so graag op 'n kreatiewe manier bewaar. Besluit toe om te kyk
of dit sal werk as papier mache projekte.



Dit is beter as jy die twee lagies uitmekaar haal en net met die boonste laag werk
waarop die ontwerp is maar wees voorbereid - net hier begin jou stryd tussen gom
en dunne stukkies papier!



Die canvasse het ek eers gom gesmeer en toe versigtig die gomgesmeerde servette
oorgesit en weer 'n lagie gom bo oor gesmeer nadat die eerste laag mooi droog was.
Jy moet ligvoets soos 'n ballerina met jou kwas oor dit dans, anders frommel allllles op!
Hele paar servette tydens hierdie proses in die asblik beland. Geduld moet een van jou
middelname wees as jy saam wil kom wals.
 :toothy4:

Die maak van die rokkies was by verre vir my die maklikste want daar het ek die
servette met altwee lae gelos sodat dit stewiger is. Die piepkleine hangertjies het
Outoppie uit draad vir my gevorm en dit is ook met 'n laag gom geverf.

Die 'dress forms' het ek die servette soos met 'n gewone papier mache proses behandel.
Dit was fyn-fyn werk veral om die voetstukkies, maar soooooo bevredigend.



Die rokkie oor een van die 'dress forms' het 'n hele ruk geneem om droog
te word. Daar was heelwat lae servette gegom sodat die vorm behoue bly.



Die vorm wat ek hier gebruik het, was swart gewees en toe die servet
oorgesit is, het die lyfie donkergroen vertoon. Ek was eers nie tevrede
daarmee nie maar net die gedagte om dit oor te doen het my laat dink
dat dit skaflik genoeg lyk.  

 :evil6:



Die eindprodukte was ook opgeveil by ons 'Food Auction' en die Afrika tema was
gewild onder die Ausies. So kon Meisiekind weer 'n paar kospakkies opmaak
vir behoeftige gesinne in haar buurdorp.

Nou probeer ek moed bymekaar skraap om vir myself 'n weergawe te maak.
Het gelukkig nog servette oor! Daar het 'n hele klompie as patetiese gombondels
getuig van my mislukte pogings!
 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: March 24, 2015, 03:14:31 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kunsprojek met servette
« Reply #1 on: March 20, 2018, 03:48:25 AM »
Sommer diep kniebuig aan ons besoekende gas. Die fotos kon ek nerens opspoor nie. Skoon vergeet ek het kom deel op die forum en was so dankbaar vir die saamlees oor jou skouer  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kunsprojek met servette
« Reply #2 on: July 23, 2018, 01:15:37 PM »
Dankie tog, nou het ek dit ook gesien. 
As iemand so-iets raakloop waar daar nie komtaartjies by is nie, bring dit tog asseblief onder my aandag.  Ek mis gereeld!   :pottytrain2:
Om te weet is om te verstaan.