Author Topic: Sommige nuwe predikante en hul preke...  (Read 4401 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Sommige nuwe predikante en hul preke...
« on: March 15, 2015, 02:34:02 PM »
Ek wil nie na 'n preek luister, hetsy oor die radio of in die kerk, en staaltjies hoor oor hoe jy en jou kamermaat op MATIES ge-oefen het in die gym en watter sport jy beoefen en hoe flabby mense behoort te gym ens ens ens.. deur 'n jong predikantjie wat seker net verlede jaar klaar studeer het.  Ek was ook op Stellenbosch al. So ook derduisende ander mense.    :angel12:  Klink vir my meer of die mannetjie 'brag' oor... wat??
Dan het ek op Kersdag, nogal, gehoor hoe Mnr Mandela en ander medegevangenis en vrinne en trawante vergewensgesind was na hul vrylating/loslating en bla, bla, bla...
Ek wil nie oor die vingers getik word omdat ek nie vir die soveelste keer op my kniee moet neerval en se ek is jammer of voete was oor/aan iets waaraan ek geen greintjie toedoen het/gehad het.
Ek wil 'n Boodskap hoor van die preekstoel af.
elle

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Sommige nuwe predikante en hul preke...
« Reply #1 on: March 16, 2015, 05:48:51 AM »
ek het 'n klein pennie in hierdie poel te gooi. Ook wil ek nie by 'n begrafnisdiens NET hoor van die oorlede persoon se goeie hoedanighede nie ... dan kan daardie byeenkoms mos enige plek gehou word. In die kerk wil ek 'n troosboodskap kry van die Here af. 'n Paar weke gelede moes ons luister na die predikant, 'n jarelange vriend van die oorledene, se eie hartprobleme en hoe hy al keer op keer dood moes wees maar weer gered is ...
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3663
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Sommige nuwe predikante en hul preke...
« Reply #2 on: March 16, 2015, 09:34:03 AM »
Ek stem saam! As jy kerk toe gaan wil jy verkwik terug kom. Nie beswaard nie en beslis ook nie hoor jy dril :icon_bigsmurf: en moet uitkniel en bely tot jou kniege eelte het nie!