Author Topic: Bokkoms en Sardiens...  (Read 7078 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Bokkoms en Sardiens...
« on: February 25, 2015, 08:03:10 PM »
Bokkoms.  Bietjie potent na my smaak.
Lewies, hoe droog mens bokkoms?

Sardiens...
Hy moet baie vinnig op warm kole gaargemaak word.  Die graatjies is lekker sag en propvol Kalsium.
Olyf olie en suurlemoensap en S&P en parsley.  Vandat daar net Ingels op die houers is, weet ek nie meer wat is Parsley in Afrikaans. Jammer.
Kry daai vuur aan die gang en die kole moet warm wees.
Smeer die sardiens met olyf olie en gooi sout op sy stert... nee, wag, oor die hele vissie.
In 'n bakkie meng jy die parsley en die suurlemoensap en res van olyf olie en as jy knoffel eet, kneus hom so bietjie en gooi in. Ek se, hou verby met knoffel.
Braai die sardiens so vir 15mins, draai kort-kort om tot die velletjie lekker krakerig is en die vleis mooi wit en gaar.
Smeer van die inhoud van die bakkie oor die vissies en as jy opdien, gooi die res van die bakkie-inhoud oor.
Sit voor met suurlemoen-skyfies.
elle

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
Re: Bokkoms en Sardiens...
« Reply #1 on: February 27, 2015, 08:22:01 PM »
Bokkoms is mos maar vis biljong.
die harders word in n sterk pekel water gesit vir n dag of drie. wanneer hulle uitgehaal word, word hulle in vars water afgespoel en dan word hulle ingeruig deur hul oe, en opgehang op droograkke om droog te word innie son en wind. saans word hulle ingebring dat hulle nie kan klam trek nie.
dit vat so n paar dae na n week of so vir die vissies om droog te word. en walla!! jy het bokkoms

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Bokkoms en Sardiens...
« Reply #2 on: March 01, 2015, 06:36:13 PM »
Wreed. So deur die oe.   :nono:
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3663
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Bokkoms en Sardiens...
« Reply #3 on: March 01, 2015, 10:59:47 PM »
Is ek nou wraggies dankbaar ek is nie 'n bokkom nie  :toothy4:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Bokkoms en Sardiens...
« Reply #4 on: March 02, 2015, 08:17:05 PM »
 :laughing7:  Meraai...
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: Bokkoms en Sardiens...
« Reply #5 on: March 05, 2015, 10:04:28 AM »
Ek sou hoop die bokkom is klaar met kees voordat hy ingeryg word.   :icon_biggrin:

Dankie Louis. 

Els, hier waar ons is, is dit 'n saak van onmoontlikheid om vars seevis te kry.
Langs die paaie staan die visverkopers met vis uit 'n dam vol rioolwater.   :crybaby2:

Dalk wil ons einde Augustus 'n draai in die Weskaap maak, dan kan ons by 'n barmhartige samaritaan gaan vis eet.


Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Bokkoms en Sardiens...
« Reply #6 on: March 31, 2015, 10:04:00 AM »
Vars bokkoms... Aai aiai. Dis die lekkerste lekker as jy hulle fillet en met eier en meel degie in die pan bak. (maar dit moet Veldrift se bokkompies wies. Die nner pgaat nettie soe lekka mettie tongie.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Bokkoms en Sardiens...
« Reply #7 on: April 11, 2015, 08:14:53 PM »
PM, as julle hier verbykom en ek kry julle nie te sien nie......!!!!.... gaan julle dingisse toegroei.
 :pottytrain2:
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: Bokkoms en Sardiens...
« Reply #8 on: April 14, 2015, 10:09:46 AM »
Ha-ha-haaaa!  Ek sal beslis van ons laat hoor.  Wie wil nou 'n toe dinges hê.   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.