Author Topic: Kruis en dwars skryftegniek  (Read 8844 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Kruis en dwars skryftegniek
« on: June 20, 2011, 12:30:15 AM »
Nog 'n manier om kreatief te skep is met die 'kruis en dwars' metode. Die skrywer neem 'n klompie woorde, plaas dit in twee kolomme teenoor- of ondermekaar. Verbind nou die twee kolomme sonder om ag te slaan op die woorde. Hieruit kan nou nuwe woorde/begrippe of humoristiese verbindings verkry word. Ek het as voorbeeld veertien woorde uit ons Eksosentriese Komposita (die kruiemiddel waarmee daar  kleur en geur aan die alledaagse spreektaal gegee word) gebruik.

A  kwaggakaiing: koeksuster
B  krabbelpoot: slordige handskrif
C  bokverdriet: onplesierige dik mistige weer
D  help-my-bykommetjie: hoe hakskoen
E  stoutpootjie: vryer wat nie sy hande kan tuishou nie
F  adamsvurk: met die vingers eet
G  Kalaharibesem: sterk kalahariwind wat alles met sand bedek

1. Hemeltoorts: die son, ook genoem: Janbantam en Janlap
2. Kop-en pootjiesdraai: agterbuurt
3. genade water: flou koffie
4. Kekkelbessie: benaming vir hoendereier
5. blikperd: trapfiets
6. knordonkie: bromponie
7. goggabangmaak: skreeulelike persoon of ding

Uit hierdie twee groepe het ek die volgende woordverbindings gekry:

A7: Kwaggakaiing/goggabangmaak
B6: Krabbelpoot/knordonkie
C5: Bokverdriet/blikperd
D4: Help-my-bykommetjie/kekkelbessie
E3: Stoutpootjie/genade water
F2: Adamsvurk/kop-en pootjiesdraai
G1: Kalaharibesem/kwaggakaiing

Jy kan ook die twee groepe blindelings verbind. Eindelose woordpret wanneer hierdie verbindings in versvorm ingespan word!

Gedigte geskep uit hierdie tegniek:

Daarbo by kop-en pootjiesdraai
waar die kekkelbessies nesskrop
langs 'n papwielblikperd;

speel Janbantam stille toeskouer
as bokverdriet nie sy sluiers gooi.

Op die trappie langs die malvas,
sit ou Sagrys Stoutpootjie.

Met adamsvurk eet hy Kalahariprawns
en sluk dan af - met genade water

Om die hoek kom Kalaharibesem
sy vaaljas gooi, oor mens en dier

©Meraai vannie baai

PM het in 'n kommentaar op hierdie gediggie, die woord 'treinspoorblommetjie' gebruik en dit het 'n paar beelde by my opgeroep. Ek het die woorde weer in twee groepe neergeskryf en toe die groepies verbind:

Die konkavuur
se vlammelek,
skroei die hongerhart
 
Handjievol gesteelde ure
verlepte treinspoorblomme;
graffiti in die sand
 
- verby is verby -
 
Droomlandteugies
uit gister's sekondes,
skulp teer die seer

©Meraai vannie baai
« Last Edit: July 19, 2011, 12:18:38 AM by Meraai vannie Baai »