Author Topic: Paptert  (Read 4673 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Paptert
« on: February 17, 2015, 03:09:55 PM »
Ek het hierdie naweek 'n heerlike paptert gemaak vir 'n braai en almal was gek oor dit.  Ek het paar resepte op die internet gaan soek en iets van elke resep in my een dis probeer.  Laat weet maar as julle dit self probeer het en hoe dit gesmaak het.

Vir die pap:

2 koppies Iwisa meel
6 koppies warm water
2 eetelepels botter
groot knypie sout.

Kook 'n vol ketel en gooi 6 koppies gekookte water in 'n glasbak.  Smelt die botter en sout in water en gooi dan die 2 koppies meel by.  Sit in mikrogoloond vir 4 minute.  Roer en dan nog vir 4 minute.  Roer weer en hou so aan tot die pap ongeveer 20 minute gekook het.

Haal uit en terwyl die pap nog warm is, meng 2 koppies geraperde kaas by en 2 blikkies geroomde soetmielies.

Terwyl die pap in die mikrogolf kook, braai jou sous.

Bestanddele:

2 groot uie, gekap
2 eetlepels gekate knoffel
1 groot pak sampioene, in skyfies gesny
1 pak gesnipperde spek
1 groenpeper, gekap
2 jalapeno pepers
1 blikkie tamatie en uie smoor
1 pakkie tamtie puree
2 eetlepels suiker
2 teelepels gedroogde tiemie
2 teelepels paprika
1 blikkie room.

Braai eers die spek en dan sit jy die uie en knoffel by.  Braai dan die sampioene, groenpeper en jalapenos by uiemengsel.  Sit tiemie en paprika by en wanneer als gaar en sag is, voeg die botteltjie room by tot warm.

In 'n groot oondvaste bak, skep een laag pap en dan 'n laag van die sous.  Herhaal tot al die pap en sous klaar is.  Sit een koppie gerasperde kaas bo-oor en bak vir 30 minute in 'n lekker warm oond.

Lekker saam met enige braaivleis!

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Paptert
« Reply #1 on: February 17, 2015, 06:55:55 PM »
Jinne, Terry, jy laat my water.  Ek gooi sommer alles oorboord en maak paptert.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Paptert
« Reply #2 on: February 19, 2015, 12:20:34 PM »
Jy weet net hoe om 'n ou se mond laat water.
Baie dankie vir die plasing.
Om te weet is om te verstaan.