Wat dink jy van die dag, Valentyns Dag, dag van die Liefde, maand van die Liefde??
Te lekker.
Ek onthou vandag die mense wat niemand het om voor lief te wees, intiem lief te wees, of niemand het wat haar/hom liefhet, intiem lief het.
Sommige verkies dit. Ander nie. En dit is hierdie mense wat nie kies om alleen te wees aan wie ek dink, want hulle kan hierdie dae nie hanteer.
Dit is spesiale dae op die almanak wat mense in depressies stuur.
Hoop nie jy is een van hulle. Indien wel, jy is baie spesiaal, onthou dit. Maak vir jouself 'n groot glas warm sjokolade en maak 'n groot chock chip koekie en eet dit daarmee saam. Jy gaan onmiddelik beter voel. Sommer hordes beter.
Vir die res van julle wat geseend is, GESEEND IS om iemand te he vir jy smagtelik lief is, geniet die dag en naweek en bederf daardie spesiale persoon.