• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Waterkelder

Started by Elsabe Oosthuizen, January 07, 2015, 03:27:05 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Elsabe Oosthuizen

Meters    val massas na benede
toekoms   nog verlede
verfrissend   helder
word water gretig in die Troe-Troe poel gekelder

PM

Gee 'n gedagte aan "meters".  Dit is mos die massas wat meters val? 
Ek sal graag wil hoor wat sê julle ander hieroor.  Kom help 'n bietjie asseblief.
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Die spasie na Meters skep vir my die afgrond waaroor die water val. Ook daai eerste verbasin g van "wat gebeur nou" voor die besef dat ek val. Weet nie of die digter dit so bedoel het nie maar dit MAAK vir my die res van die gedig.



Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Nou maak dit vir my ook sin Naas.  Dankie matertjie.
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Dis my voorreg om jou woordbril te wees.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Vir my is die toets om te probeer agterkom wat die skrywer vir ons wou oordra deur dit hardop te lees. Stem saam met Naas hier, jy loer oor die afgrond. Sodra jy as leser jou stem ook inspan val elke plasing soos wat die persoon dit bedoel het in die skeppingsproses. Soos emosies verskil, sal elke skrywer se spasies op ander plekke val.

PM

As ek Elsabe se gedigte lees, besef ek dat daar geen "woordbaldadigheid" teenwoordig is nie.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Elsabe Oosthuizen

Baie dankie vir jul kommentaar, ek waardeer dit!