PleiadesIn astronomie is die Pleiades ‘n groep van sewe sterre, wat ook bekend staan as die sewe susters, in Taurus. Dalk is Craig Tigerman, die vader van hierdie gedigstruktuur, planeetmal soos ek. Ek hoop nie hy ly ook aan FMS nie. (Full moon stress)
Pleiades laat slegs een woord vir die titel toe, gevolg deur ‘n enkel sewe reël stanza van ses lettergrepe, of ses woorde per versreël.
Die eerste woord in elke versreël begin met dieselfde eerste letter van die titel. Die tema van die gedig word in die titel aangedui.
Voorbeeld: (Hier was die see buitengewoon rof toe ek die voorbeeld geskryf het.)
OseaanOrdelik is jy nie
Ook nie vrygewig nie
Onmenslik is jy wel
Offer geen warmte
Of vriendelikheid nie
Opgeswelde golwe
Oorgehaal vir die stryd
Hier is een gedig deur Starkat en kyk hoe gebruik die skrywer die T deurlopens in die gedig wat met ses woorde per versreël geskryf is. Let ook daarop dat al die versreëls nie slegs uit ses woorde bestaan nie.
TrainTicket to a treasure-trove of memories
Traveling through a tapestry of scenery
Trudging and trundling over tough terrain
Tirelessly towing tourists and boxcars full of freight
Tooting horn in tunnels, tippy-toeing through sleepy towns
Tickling childhood fancy with a comfortable chug, chug
Think I can, think I can, the wheels sing round and round
- written by starkat
Kom skryf asseblief mooi voorbeelde en lewer julle insette.