'n Sonsopkoms in kopergoud versprei
groet blink winkend met vroegoggend gedy
soms 'n spieƫlgladde oneindigheid
dit laat jou keer op keer in verwondering kyk
in grootte is dit opgedam
met donkerte toegemaak
perke gestel
soms 'n ongetemde dier
agter slot en grendel gelaat
sy golwe ken geen rus
swel in hoogwater verraad
sy stem nooit stil
branders slaan te pletter
teen jare se rotsvas gebaan
vissermanne die ene bedrywigheid
wil die see se vonds gou gou bereik
mens en dier
word met welvaart bedien
die kus is sy grens
alles uit God se spens
word mildelik voorsien
Skuimende massas
'n onuitputlike bron van energie
somtyds 'n redelose dier
wat terugneem vir sy eie plesier
Job het besef
vir die mens 'n goddelike wonder
deur Hom geskep
soos branders wat kom en gaan
sal ons Sy liefde aan die einde
wel verstaan