• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Viooltjies in die kombuis

Started by adele, June 19, 2011, 11:10:36 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Hier is 'n winterkaros
om ons toe te kombers,
jou lyf kontoer
my teen jou vas-
elke legkaartronding
is gemaak om te pas
en die vlammetjie flikker
bo-aan die pit van ons kers.

Ek proe die soet-suur
van maande se onthou,
skil en kook en 'kênfroet'
emmers vol bitter ervarings,
en plant vreugdepitte
in die sierstruiklanings
waar ons 'n nuwe lewenstuiste
met geloofstene en hoop bou.

My kop op jou skouer
luister na 'n wonderverhaal,
ek weet dis ons begin
in die sinkdakhuis,
sonder 'n vrugtespens
met viooltjies in die kombuis,
wanneer jou hande
vir ewig om my ritme ronddwaal.


:grommit:
adéle  :grommit:

Edelsteentjie

Ek hou Baie hiervan. Wonderlike werkwoorde wat jy skep: Kontoer teen my vas ens. Ek sien daardie hele prentjie van geluk in eenvoud.

PM

Dit is pragtig.  Soms,  net soms dink ek dat dit juis die bitter ervarings is wat die soet van die lewe soveel soeter maak.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Baie mooilees gedig.
Ek sien uit na nog.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Boektoe woorde prag  :book1:  :notworthy: Lank na ek opgehou lees het, het die beeldende woorde soos 'n winterkaros die kontoere van my siel omvou!!