• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Totsiens

Started by Ans Botha, July 14, 2014, 09:22:20 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

weer moes ek sê
totsiens
moes ek jou sien gaan
met onsekerheid
in jou oë

weer moes ek toekyk
hoe jy van my wegry
met harseer in my hele wese
wou ek jou keer
maar ek moes jou laat gaan

weer moes ek 'n traan keer
my kop laat sak
'n moedersgebed
uit my hart vir jou smeek

weer moes ek jou vlerkie knip
jou toelaat
om die vreemde in te gaan
jou vryheid gee
my in eensaamheid agter laat.

© ANS BOTHA
                                                       

PM

Werklik 'n hartroerende gedig Ansie. Pragtig geskryf matertjie.
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Dankie vriendin. My dogter het vandag vir die eerste keer nadat haar man twee jaar gelede oorlede is, op 'n ander dorp begin werk. Ek is so trots maar tog so hartseer.

adele

dis is so mooi gedig .... 'n moedersgebed
uit my hart vir jou smeek ...

hoe goed verstaan ek dit nie, toe my seun se meisie met hulle ongebore baba, verlede jaar dood is, het tyd maande lank stilgestaan. Nou werk hy op die dorp naby my en ek is so dankbaar daarvoor.
adéle  :grommit:

Ans Botha

Dankie adele. Ja, ek self het twee kinders in twee dae se tyd verloor, seker daarom dat ek weet hoe die onsekerheid haar opvreet, maar tog ook weet "Nou moet ek gaan" en ek? Ek moet sê "gaan my kind, ek bid vir julle"

Fransi

Die gedig raak 'n mens se hart. Roerend-mooi.

Ans Botha

Dankie Fransi ek waardeer jou kommentaar meer as wat jy sou dink.