• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Lucky Leaf gedigstruktuur

Started by PM, June 19, 2011, 11:03:28 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Lucky Leaf
''n Gedigstruktuur geskep deur Christina R Jussaume.

Hierdie struktuur moet so getipografeer word dat dit die vorm van  'n klawerblaar aanneem.   Ek kon nog nie voorbeelde kry nie en dit lyk nie vir my of dit kan werk in Afrikaans nie.  ???  Wie kom help asseblief?  

Lettergrepe is  3, 3, 9, 9, 12, 12, 6, 6, 3, en 3.

Enige onderwerp is geskik,  met of sonder rym.

Voorbeeld:  (Julle moet asseblief kom help om ''n goeie voorbeeld te skryf.)

                                         
                                  Ek lief jou
                              my groot kind
                       jy is die glinster in my oë
                   was die lig in my duister nagte
         sonder jou bystand sou ek dit nie kon maak nie
            daardie helpende hand was vir my 'n kierie
                           jy het my ondersteun
                         was daarin saam met my
                                  soet nektar
                                   jou liefde
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#1
Oi joi joi matertjie jy maak dit nie maklik nie  :bootyshake: Ek het gaan loer na die klawerblaar se vorm. Het ook probeer om die gedigstruktuur in Engels raak te lees, maar pure verniet! Toe skryf ek maar oor die klawerblaar  :book1: Hier is my voorbeeld van die Lucky Leaf struktuur spesinjaal vir jou. Help sebliefie reg :dontknow:

St Patrick Trilogie

Klawerblaar
Drie Eenheid
Simbool van Ierse agtergrond of
uitkenningsteken - van die bendes
onopsigtelik op die liggaam aangebring
aan die voete, onderkant 'n enkelgewrig
deur donker bedrywe
of is dit straks maar net
drie blaartjies
aan een stam?

©Meraai vannie baai

PM

Ai jai jai!  Dankie Raaitjie.  Dit is goed gedoen en ek sien geen fout nie! 

Tik  Christina R Jussaume in en soek die Lucky Leaf.  Ek het gesoek na nuwe strukture en hierop afgekom.  Dit sal so gaaf wees as jy ook daarna kan kyk.  Ongelukkig is daar geen voorbeelde by haar werk nie en my tyd is beperk.  Is mos met vakansie en die opvangs is ook beperk. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Meraai vannie Baai

#4
Ontdek ek nou weer hierdie erf vanaand. Gaan loer toe gou na die skakel wat jy gegee het. Jong, daar is 'n magdom uitdagende strukture! Sal moet begin soek na ink vir my pen  :book1:

Hierdie ene my nogals laat dink aan ons eie driewoord-struktuur

The Brevette

The Brevette, created by Emily Romano consists of a subject (noun), verb, and object (noun), in this exact order. The verb should show an ongoing action. This is done by spacing out the letters in the verb. There are only three words in the poem, giving it the title Brevette.

snail
l e a k s
slime

Each of the three words may have any number of syllables, but it is desireable that the poem have balance in the choice of these words. Unlike haiku, there are no other rules to follow.

Example #1:
rainbow
r a d i a t e s
spectrum

Copyright © 2007 Emily Romano

PM

Hier by ons is dit nou so droog, die bokke kom kuier op die groen geverfde stoepe opsoek na kos.


bokke
verorber
groenigheid

Dit het lankal tyd geword vir woordspeletjies! 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Lief jou voorbeeld. Met net drie woorde teken jy die toneeltjie vir ons  :notworthy: :icon_salut:

Assie


PM

Assie, is jy seker dit is braak,  moet dit nie dalk staak wees nie. :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Braak, kots, opgooi. Al wat hulle goed doen is om wette te maak. Hulle het geen manier om dit af te dwing nie want polisiemag is 'n grap maar hulle braak net meer wette.

:mumum:

Meraai vannie Baai

 Terwyl ek lees oor die sirkusregeringswette het ek onheilige gedagtes vertroetel :angel8:

:munky2:
:dontknow:
:crybaby2:
:pottytrain5:

Assie

Dit sal altyd my gat se deksel bly dat die hele wereld die blanke regering veroordeel het. Nie dat hulle reg was nie. Maar nou is die meerderheid besig om 1000 keer erger te regeer en die wereld se bekke is stil.
Selfs die meerderheid was beter af as nou.

20%
dra
80%

:mumum:

Meraai vannie Baai

Ons het probeer saamstaan diekant van die aardbol om te kyk of ons die oge van 'n blinde wereld kan oopmaak maar mens het meer as 'n wonderwerk met spoeg nodig liefste Assie.

Assie

Ek weet Ta Raatjie maar mens poep teen die Kaapse Suidooster.

:mumum:

PM

Om te weet is om te verstaan.